Mandela Week @ Universiteit Stellenbosch 2016
Dit is weereens die tyd van die jaar wanneer personeel en studente deur vrywilligerswerk kans te kry om tot sosiale impak by te dra. Op institusionele vlak is die fokus om geleenthede rondom Mandela Dag te skep wat kan lei tot deurlopende, volgehoue vrywilligerswerk deur studente en personeel.
Die inligting wat volg sit die geleenthede vir vrywilligerswerk in Julie 2016 uiteen. Indien jy wil uithelp, voltooi asseblief die vrywilligersvorm.
NR | AKTIWITEIT | DATUM & TYD | ORGANISASIE/BEVOORDEELDE | PLEK |
1 | Verfwerk by die Stellenbosch Werksentrum | Maandag, 18 Julie 2016 Tydgleuwe (vertrek vanaf Admin B): 12:30-13:30 13:30-14:30 14:30-15:30 | Stellenbosch Werksentrum Vervoer sal verskaf word. Vertrek vanaf Admin B | Stellenbosch Werksentrum Adres: Patryslaan 1, Stellenbosch |
2 | Sorgpakkies vir pasiënte Opmaak van die pakkies | Week van 18 -22 Julie 2016 Tydgleuwe: 09:00-12:00 | Alle pasiënte van Tygerberg Hospitaal, sowel as ma's wat in die kindersaal by hulle kinders bly. | Ontvangsarea, dekaansafdeling, 1ste vloer, Kliniese Gebou. Tygerbergkampus |
3 | Sorgpakkies & kospakkies vir studente | Maandag 18 Julie – Vrydag 29 Julie | Studente van die Universiteit Stellenbosch | Sentrum vir Studentevoorligting & Ontwikkeling Lizzie Witbooi Transformasiekantoor Taalsentrum |
4 | Sjokolade met persoonlike boodskappe aan verpleegpersoneel | Dinsdag, 19 Julie 2016 Tydgleuwe: Vertrek TSS na TGB 12:30-13:30 13:30-14:30 14:30-15:30 | Verpleegpersoneel by Tygerberg Hospitaal | Tygerberg Hospital Tygerbergkampus |
5 | Diskoerskafee: | Dinsdag, 19 Julie 2016 17:00 | Frederik Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapontwikkeling: Gasspreker: Prof Rachel Jafta | JH Neethling-gebou, Victoriastraat, Stellenbosch RSVP: |
6 | "Toasties for Tummies" (klik hier) Maak van toebroodjies | Woensdag, 20 Julie 2016 Tydgleuwe: 10:00-11:0011:00-12:00 12:00-13:00 13:00-14:00 | VV Saal (Neelsie, boonste vloer) Kontak Michelle Pietersen by [email protected]/ 021 8083643 of Spurgeon Wilson by [email protected] | |
7 | Leesmaraton | Vrydag, 22 Julie 2016 Lees-sessie: 13:00-14:00 | Lückhoff Hoërskool | Lückhoff Hoërskool |
8 | Sportdag | Vrydag, 22 Julie 2016 13:00-15:00 | Lückhoff Hoërskool | Lückhoff Hoërskool |
9 | Stowe vir Tien Dorpe | Vrydag, 22 Julie 2016 (aanvang) | Tien Dorpe | Rooi Plein Neelsie |
KONTAKPERSONE:
Diskoerskafee: Sibonelo Sosibo – [email protected]
Leesmaraton: Faika Haroun – [email protected]
Sportdag: Angeline Boyd – [email protected]
Toasties for Tummies: Michelle Pietersen [email protected] / 021 808 3643 of Spurgeon Wilson – [email protected]
Verfwerk by die Stellenbosch Werksentrum: Maureen Kennedy – [email protected] of 021 808 4824
Crystal Hendrickse: [email protected]
"VERFWERK BY DIE STELLENBOSCH WERKSENTRUM"
INLIGTING
Die Missie
Die Stellenbosch Werksentrum vir Volwassenes met Gestremdhede fokus op die ekonomiese bemagtiging en sosiale integrasie van volwassenes met gestremdhede in Stellenbosch en omringende areas. Hierdie Werksentrum is 25 jaar gelede deur die Universiteit Stellenbosch (Matie Gemeenskapsdiens) begin.
Die Sentrum bied bemagtings- en ontwikkelingsprogramme aan persone tussen die ouderdomme van 18 en 55 wat intellektuele, verstandelike en/of fisiese gebreke het.
Die program behels werkrehabilitasie om arbeidskapasiteit en -potensiaal te verbeter en te ontwikkel, en om verder ook vlakke van onafhanklikheid en selfwaarde te verhoog. Die werk self beslaan arbeidsintensiewe aktiwiteite wat deel vorm van die skepping van items wat deur kommersiële instellings en regeringsorgane gebruik word. Op die lange duur hoop die Sentrum om 'n vlak van vaardigheid by persone te ontwikkel om hulle in staat te stel om ander werksgeleenthede in die ope arbeidsmark te vind, 'n beter inkomste te verdien en 'n hoër lewenstandaard te behaal.
Die tweede en komplementêre program is gemik daarop om die persoon by gemeenskapslewe te integreer deur lewensvaardighede- en werkvaardighede-opleiding en -deelname aan georganiseerde sport en algemene ontspanningsaktiwiteite.
Die Doelwit van die Organisasie
Die verskaffing van 'n werkrehabilitasieprogram om die vervulling van 'n werkersrol wat sin, doel, orde en ritme in die lewe van persone met gestremdhede bring te versterk en te handhaaf.
Hierdie vrywilligersgeleentheid om verfwerk by die Werksentrum te doen is oop vir alle Universiteit Stellenbosch-personeel in uurtydgleuwe.
DATUM: Maandag, 18 Julie 2016
PLEK: STELLENBOSCH WERKSENTRUM
TYD: 12:30-15:30
"DISKOERSKAFEE"
INLIGTING
Die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapontwikkeling bied weereens hulle jaarlike Mandela Dag Diskoerskafee aan, met prof Rachel Jafta as gasspreker. Die onderwerp is: intergenerasie-gesprekke oor plaaslike en wêreldkwessies.
DATUM: Dinsdag, 19 Julie 2016
PLEK: JH Neethling Gebou, Victoriastraat, Stellenbosch
TYD: 17:00
RSVP: [email protected] voor 15 Julie 2016
"TOASTIES FOR TUMMIES"
AGTERGRONDINLIGTING
Toasties for Tummies is 'n inisiatief waarin verskillende organisasies en belanghebbers saamkom om toebroodjies vir verskeie skole en organisasies in en om Stellenbosch te maak. Die doel is om soveel as moontlik personeel, studente, organisasies en borge te kry om met die maak van die toebroodjies te help. Vanjaar se doelwit is om 10 000 toebroodjies te maak en te verskaf.
PROSES:
Die proses om die toebroodjies te maak sal Woensdag, 20 Julie 2016, in die VV Saal (Neelsie, boonste vloer) op die Stellenboschkampus plaasvind.
Tydgleuwe vir personeel en studente (US-gemeenskap):
Stellenboschkampus:
Maak van die toebroodjies: 10:00-11:30
11:30-13:00
13h00-14h00
DONASIES/BORGSKAPPE:
Afdelings en fakulteite word aangemoedig om enige van die volgende items vir die toebroodjies te skenk:
- Brood;
- Franse Polonie;
- Blaarslaai;
- Mayonnaise
Let wel: Alle donasies moet op Woensdag, 20 Julie 2016, teen 09:00 by die bogenoemde lokaal afgelewer word.
"SORGPAKKIES & KOSPAKKIES VIR STUDENTE"
Ons mikpunt is om 6 700 nie-bederfbare kosprodukte en toiletware in te samel vir studente wat 'n behoefte aan hierdie items het en wat finansieel swaarkry terwyl hulle besig is om te studeer.
As deel van vanjaar se Mandela Dag-vieringe, versoek ons dat personeel en studente toiletware (sorgpakkies) en nie-bederfbare kosprodukte aan studente wat dit nodig het skenk.
Die volgende items word benodig:
Nie-bederfbare kosprodukte
- sousbone
- blikkies vis
- rys
- tweeminuut-noedels
- kitssop-pakkies
- pasta
- blikkies gemengde groente
- ertjies
- soetmielies
- hawer en enige ander voedsame nie-bederfbare kos
Sorgpakkies
Toiletware-pakkies moet asseblief die volgende basiese items bevat:
- seep
- tandepasta
- aanroldeodorant
- vaseline
- lyfroom
Gebruik jou 67 minute om hierdie items vanaf 18 tot 29 Julie 2016 by die volgende lokale af te lewer:
- Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) by Victoriastraat 37
- Die Kantoor van die Maatskaplike Werker by Victoria Straat 49
- Transformasiekantoor in die Admin A-gebou (gebruik die IT HUB-ingang)
- Tolkdienste, Taalsentrum, Kamer 1028, Admin A-gebou (gebruik die IT HUB-ingang)
Vir verdere inligting, kontak asseblief die volgende personeellede:
• Cheryl Cornelissen – [email protected] of 021 808 4182
• Lize Kruger – [email protected] of 021 808 4182
• Lizzie Witbooi – [email protected] of 021 808 4511
• Melanie Willems – [email protected] of 021 808 4707
• Grizelda Adams – [email protected] of 021 808 4010
"STOWE VIR TIEN DORPE"
AGTERGRONDINLIGTING
Die aktiwiteit bied vir personeel en studente die geleentheid om in groepe van 4 tot 6 persone, of as individu, 'n stoof te skenk. Die waarde van die stowe is R700,00 elk. Daar sal 'n platform op die Universiteit Stellenbosch-webwerf beskikbaar gestel word om die skenkings vir die koop van die stowe te maak.
Wenners sal aan die einde van die skenkingstydperk deur 'n loting uit die skenkers aangewys word.
Die volgende pryse kan gewen word:
- Restaurant-geskenkbewyse vir twee mense by toprestaurante in Stellenbosch, insluitende Delaire Graff en Big Easy Stellenbosch
- Gratis wynproe-geleenthede by drie wynplase vir groepskenkers – insluitende by Jordan Wines en Simonsrust
Ons sal die kompetisies en skenkings op die Rooiplein en in die Neelsie afskop, met die bak van pannekoeke op die stowe, om te wys hoe hulle werk. Die stowe werk nie met elektrisiteit nie en is gemaak vir mense wat nie toegang tot elektrisiteit tydens die winter het nie.
Ons gaan ook die #StoveNomination-kompetisie loods as aansporing vir fakulteite, administratiewe afdelings, verenigings, koshuise en PSO-wyke om mekaar se skenkings te ewenaar of selfs te oortref.
AANVANG:
DATUM: Vrydag, 22 Julie 2016
PLEK: Rooiplein/Neelsie
Universiteit Stellenbosch
TYD: 12:00-14:00
Indien jy enige verdere inligting verlang, e-pos asseblief vir Daniele Bezuidenhoudt of vir Nathan Daniels by [email protected] of [email protected] teen 18 Julie 2016.
BEVOORDEELDES:
Die bevoordeeldes sal die mense van die tien dorpe rondom Stellenbosch wat nie toegang tot elektrisiteit het nie wees. Daar sal ook 'n opsie wees om 'n stoof aan iemand in jou gemeenskap wat jy weet een nodig het te skenk.
"LEESMARATON"
AGTERGRONDINLIGTING
Die Leesmaraton bied die geleentheid vir personeel en studente om aan te bied om as stasiebestuurders te dien in 'n aktiwiteit waartydens leerders van Lückhoff Hoërskool 'n stuk teks sal kry om te lees en begripsvrae daaroor te beantwoord of instruksies sal kry vir die uitvoering van 'n spesifieke taak.
DATUM: Vrydag, 22 Julie 2016
PLEK: Lückhoff Hoërskool
Idasvallei
Stellenbosch
TYD: 13:00-14:30
DAAR SAL VERVOER NA EN TERUG VAN DIE SKOOL AF VERSKAF WORD VANAF ADMIN A.
Vertrektyd: 12:30
Terugkering (vertrek vanaf die skool): 14:30
Indien jy wil aanbied om te help, stuur asseblief die vrywilligersvorm aan Maureen Kennedy by [email protected] teen 18 Julie 2016.
"SPORTDAG"
AGTERGRONDINLIGTING
Hierdie aktiwiteit is 'n geleentheid vir personeel en studente om hulle tyd beskikbaar te stel om saam met die leerders van Lückhoff Hoërskool aan 'n sportdag deel te neem.
DATUM: Vrydag, 22 Julie 2016
PLEK: Lückhoff Hoërskool
Idasvallei
Stellenbosch
TYD: 13:00-15:00
DAAR SAL VERVOER NA EN TERUG VAN DIE SKOOL AF VERSKAF WORD VANAF ADMIN B.
Vertrektyd: 12:30
Terugkering (vertrek vanaf die skool): 15:00
Indien jy wil aanbied om te help, stuur asseblief die vrywilligersvorm aan Maureen Kennedy by [email protected] teen Vrydag, 15 Julie 2016.
"TYGERBERGKAMPUS"
As deel van vanjaar se Mandela Dag-vieringe, en om die sestigste verjaarsdag van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en die veertigste verjaarsdag van Tygerberg Hospitaal te vier, sal personeel en studente die geleentheid kry om hulle 67 minute te skenk in die vorm van twee projekte.
Personeellede sal sorgpakkies aan alle pasiënte in Tygerberg Hospitaal verskaf, en ook aan die ma's wat by hulle kinders in die kindersaal bly.
Studente sal kans kry om dankie te sê vir die belangrike werk wat verpleegkundiges doen as die ruggraat van die Suid-Afrikaanse Gesondheidsorg-sektor. Studente wil graag hulle waardering uitspreek vir die werk, tyd en moeite wat verpleegpersoneel tot studente se professionele ontwikkeling bydra. Op 19 Julie sal daar 'n klein "geskenkie" met 'n persoonlike boodskap vir elke verpleegkundige in die Hospitaal gegee word om hulle te bedank vir die rol wat hulle speel in die persoonlike en professionele ontwikkeling van ons studente.
Voltooi asseblief die vrywilligersvorm vir die Tygerbergkampus.
NR | AKTIWITEIT | DATUM & TYD | ORGANISASIE/BEVOORDEELDE | PLEK |
1 | Sorgpakkies vir pasiënte Opmaak van pakkies | Week van 18 -22 Julie 2016 Tydgleuwe: 09:00-12:00 | Alle pasiënte van Tygerberg Hospitaal, sowel as ma's wat in die kindersaal by hulle kinders bly. | Ontvangsarea, dekaansafdeling, 1ste vloer, Kliniese Gebou. |
2 | Sjokolade met persoonlike boodskappe aan verpleegpersoneel | Dinsdag, 19 Julie 2016 Tydgleuwe: Vertrek TSS na TGB 12:30-13:30 13:30-14:30 14:30-15:30 | Verpleegpersoneel by Tygerberg Hospitaal | Tygerberg Hospitaal |
KONTAKPERSONE:
Personeelinisiatief: Nadia Goliath by [email protected]
Studente-inisiatief: Avril Whate by [email protected]