Skip to main content
Madonsela lei dialoog oor ‘Vrouestemme in Landhervorming en Restitusie’

Madonsela lei dialoog oor ‘Vrouestemme in Landhervorming en Restitusie’

Corporate Communication/Korporatiewe Kommunikasie
10 April 2019

Prof Thuli Madonsela, wat die leerstoel vir Maatskaplike Geregtigheid en die Reg aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Regsgeleerdheid beklee, lei eerskomende Donderdag, 11 April 2019 paneelbesprekings deur kundiges in samewerking met die US se Afdeling vir Sosiale Impak by die tweede tematiese dialoog van Madonsela se Maatskaplike Geregtigheid M-Plan. Dit word by STIAS op Stellenbosch gehou.

“Die Sosiale Geregtigheid M-Plan bring vroue byeen om idees uit te ruil oor die bevordering van sosiale geregtigheid as 'n nasionale en wêreldwye noodsaaklikheid wat verhewe bo geslag, ras, klas en ander skeidings is," sê Madonsela.

Die beraad, onder die programleiding van Kary Maughan, het ten doel om vroue by dialoog oor grondhervorming te betrek ten einde oplossings te vind wat Suid-Afrika se Grondwetlike doelwit om die skeiding van die verlede deur grondhervorming reg te maak, sal verwerklik. Die dialoog is daarop gemik om 'n voorstel te vind wat onder die leierskap van vroue geïmplementeer kan word om die gesprek oor grondhervorming verder te neem.

Onder die sprekers is prof Nico Koopman, die US se Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel; prof Nicola Smit, Dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid, US; mev Bridgete Radebe, stigter, uitvoerende voorsitter en HUB van Mmakau Mining (Edms) Bpk; prof Juanita Pienaar van die Departement Private Reg, US; prof Cherryl Walker, Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie, US; prof Zsa-Zsa Boggenpoel, wat die leerstoel vir Eiendomsreg aan die US beklee; dr Mpho Tlale, postdoktorale navorsingsgenoot, Suid-Afrikaanse navorsingsleerstoel vir Eiendomsreg, US; dr Neva Makgetla, TIPS; me Thato Moagi, Direkteur: Legae La Banareng Farms & Nuffield International Farming Scholar; en me Phephelaphi Dube, onafhanklike regskonsultant. Die paneelbespreking sal deur dr. Tsakani Ngomane, Adjunk-direkteur-generaal: Klimaatsverandering, Luggehalte en Volhoubare Ontwikkeling by die Department van Omgewingsake, gelei word.

Vir verdere inligting, skakel asb. vir Marna Lourens, Projekbestuurder: Sosiale Geregtigheid M-Plan, onder leiding van prof Thuli Mandonsela: Leerstoel vir Sosiale Geregtigheid, by 021 808 3186 of stuur 'n e-pos na [email protected].

Die beraad op 11 April word in die Wallenberg-navorsingsentrum by STIAS, Maraistraat 20, Stellenbosch gehou. Dit sal van 08:30 tot 17:40 duur. 

Foto deur Stefan Els.