Laat maatskaplike geregtigheid en demokrasie lewe kry
Die geleentheidskalender vir Imbizo 365 maak van die skeppende kunste en aktiwiteite soos filmbesprekings, debatte en uitstappies gebruik om deelnemers te help besin oor die agt kalendertemas. Hierdie geleenthede word gekoördineer deur die programkoördineerder van die Transformasiekantoor en bygewoon deur huiskomiteelede met die portefeulje Kritiese Betrokkenheid en Transformasie, om hulle beter toe te rus vir hulle rol as studenteleiers en fasiliteerders van kritiese betrokkenheid in hulle onderskeie koshuise.
In Maart 2022, wat ook Mensregtemaand was, was die tema maatskaplike geregtigheid, met ʼn spesiale fokus op restitusie in reaksie op ons nalatenskap uit die verlede en billikheid in ons strewes, die grondwet, menseregte, gelykheid en waardigheid vir almal. Studente het die Slawelosie besoek. Dit is in 1679 deur die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie gebou om slawe in aan te hou.
Die tema vir April 2022 was demokrasie en hoe om uit ʼn eksklusiewe verlede na ʼn vooruitstrewende demokratiese toekoms te beweeg deur die bou van deelnemende en verteenwoordigende strukture vir regering en leierskap. Die studente het Nelson Mandela se huis by die Drakenstein Korrektiewe Sentrum, voorheen die Victor Verster-tronk, besoek. Die huis waar Nelson Mandela 14 maande van sy 27 jaar in die tronk deurgebring het, is op die eiendom geleë en word 'die laaste stop op sy ikoniese pad na vryheid' genoem. Klik om die foto's te besigtig.
Klik hier om besinnings deur te studente te lees