Skip to main content

Kutlwanong en Leap besoek US Opedag

Division for Student Access | Afdeling vir Studentetoegang
09 Maart 2020

Die Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies (SSW) is daartoe verbind om toegang tot hoër onderwys te vergemaklik. Daarom het die SSW span 350 graad 12 leerders van Leap 1, Leap 2 en Kutlwanong, gedurende opedag op 29 Februarie 2020, op kampus verwelkoms. Die doel van opedag is om waardevolle inligting aan leerders te bied en om hulle aan so veel as moontlik loopbaanopsies bloot te stel sodat hulle 'n ingeligte loopbaanbesluit kan maak.

Kutlwanong is 'n nie-winsgewende organisasie wat 'n program vir graad 10 tot 12 leerders bied. Dit het ten doel om prestasies in wiskunde en wetenskap in informele nedersettings en plattelandse skole te verbeter. Die Leap skole fokus ook op wiskunde en wetenskap onderrig. Die Universiteit Stellenbosch werk saam met die Leap en Kutlwanong om hulle deurlopend te ondersteun ten opsigte van loopbaanbeplanning sowel as aansoek en toelating tot die universiteit.

Gedurende die opedag is die leerders blootgestel aan verskillende studiemoontlikhede in wiskunde en wetenskapverwante velde binne die Ingenieurswese, Natuurwetenskappe, AgriWetensappe, Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe sowel as Ekonomiese en Bestuurswetenskappe fakulteite. Additioneel het hulle ook inligtingsessies oor voedselwetenskap, veekunde, geoinformatika en rekenaar- en datawetenskap bygewoon.

Sommige leerders het gesê hulle is verbaas oor wat die US hulle kan bied en sien die universiteit as hulle eerste keuse van universiteit. Hulle is geïnspireer deur die navorsing en innovasie van die universiteit en is na die opedag gemotiveerd om hard te werk. Hulle voel ook dat hulle wegstap met die nodige kennis om ingeligte loopbaanbesluite te neem.

Fakulteite of departement is welkom om die Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies te kontak indien hulle beoog om skoolgroepe kampus toe te bring. Kontak gerus 0218084709 / [email protected]