Skip to main content
Inligting oor registrasie en studentegelde

Inligting oor registrasie en studentegelde

Corporate Communication/Korporatiewe Kommunikasie
18 Januarie 2017

​Die Registrateur van die Universiteit Stellenbosch (US), dr Ronel Retief, het 'n brief aan nuwe en huidige Maties op 17 Januarie gestuur, met belangrike inligting rakende registrasie en die tipe finansiële hulp wat aan studente beskikbaar is.

Hieronder is die belangrikste inligting wat die Registrateur gekommunikeer het:

NSFAS Voordat ons by die Universiteit Stellenbosch (US) spesifiek uitkom, herinner ek net dat alle studente wat kwalifiseer vir finansiële ondersteuning van NSFAS (National Student Fund Aid Scheme) nog tot komende Vrydag 20 Januarie 2017 kans het om vir finansiële hulp aansoek te doen. DHOO-oorbruggingsbefondsing

  • Met betrekking tot die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) se oorbruggingsbefondsing, sal studente uit kwintiel 1-, 2- en 3-skole (soos bepaal deur die Departement van Basiese Onderwys) en diegene wat in 2017 deur NSFAS befonds word, outomaties vir die 8% DHOO-oorbruggingsbefondsing kwalifiseer. Hulle hoef dus nie daarvoor aansoek te doen nie.
  • Studente uit gesinne met 'n bruto inkomste van meer as R122 000 tot by R600 000 per jaar – die sogenaamde  "missing middle" – en wat nie binne bostaande groepe val nie, moet vir die oorbruggingsbefondsing aansoek doen. Hierdie studente sal soos in die verlede die verpligte eerste paaiement by registrasie moet betaal, maar sal 'n korting van 8% op hul studenterekening ontvang indien hulle vir die oorbruggingsfondse kwalifiseer en sodra die US die staatsfondse ontvang het.
  • Gedetailleerde inligting, onder meer my vorige eposse aan ingeskrewe studente en die DHOO-aansoekvorms met riglyne vir aansoeke, is by dié skakel op die Universiteit se tuisblad beskikbaar: Registrasie en Studentegelde 2017.  Voltooide aansoekvorms en stawende dokumente kan gestuur word na  [email protected], of in gedrukte formaat by die Sentrum vir Beurse en Lenings, Admin A vir verwerking ingedien word. Verseker asseblief dat jou aansoek al die vereiste dokumente insluit.  

Registrasie by die US

  • Aanlynregistrasie vir 2017 is oopgestel by www.maties.com. Studente wat aanlyn registreer, sal lang rye vryspring. Soos altyd, sal ons administratiewe personeel gedurende die registrasietydperk ons studente ondersteun wat nie aanlyn kan registreer nie. 
  • Studente wat nie die volle eerste paaiement van die 2017-gelde kan betaal nie, kan by die afdeling Studentegelde reëlings tref om die bedrag oor drie maande af te betaal.
  • Vir seniors: Studente wat vir 2017 finansiële hulp van NSFAS of ander bronne ontvang, maar steeds uitstaande skuld het van 2016, sal toegelaat word om te registreer vir hierdie akademiese jaar mits die beurs/lening die uitstaande skuld van verlede jaar plus die eerste paaiement vir 2017 volledig dek.

Navrae As jy verdere vrae het oor finansiële ondersteuning en betalings, of registrasie nadat jy die inligting op die webblad (www.sun.ac.za) bestudeer het, is daar die volgende opsies:  

  • Algemene navrae: [email protected] of 021 808 9111
  • NSFAS-verwante inligting is beskikbaar by www.nsfas.org.za
  • Navrae oor oorbruggingsbefondsing: [email protected]
  • Navrae oor finansiële ondersteuning: inligtingstoonbank by die Sentrum vir Beurse en Lenings in die Admin A-gebou.
  • Vir reëlings vir die afbetaal van die eerste paaiement oor drie maande: afdeling Studentegelde in Admin A.

Om die brief aan nuwe Maties te lees, kliek hier.

Om die brief aan huidige Maties te lees, kliek hier.