
Hou Tygerberg Veilig
My naam is Charmaine Anthonie en ek is ʼn lid van die Tygerberg Kampusbeheerspan. Het jy enige terugvoer oor ons dienste? Kom na die beheerkamer op die kelderverdieping van die Kliniese Gebou of skakel 021 938 9507.
Jare op kampus: 16 jaar.
Hoe sal jy jouself beskryf? Lojaal, hardwerkend, altyd gretig om meer te leer.
Hoekom hou jy van jou werk? Ek leer steeds en my werk bly uitdagend. Dit leer my hoe om tegnologie te gebruik.
Watter ander passies het jy? Ek is lief vir dans, tuinmaak en bring graag tyd saam met my gesin deur.
Snaaksste studentestaaltjie? Ek sal nie die aand vergeet toe ons 'n paar studente in een van die koshuise moes vasvat nie. Ons het buite gestaan en opgekyk, toe een van die studente na my verwys as “die mansmens wat met die meisiestem praat!" My kollegas spot my nou nog daaroor…
Gunsteling musiek? Jazz.
Gunsteling fliek? Ek hou veral van romantiese “Hallmark"-flieks. 'n Gunsteling is Pretty Woman.
Boodskap aan studente? Pas jou eiendom op en wees bewus van jou omgewing.