
Hoe om jou USB MBA te optimaliseer
Die USB se Loopbaankantoor het verlede week ʼn aanbieding gehad oor hoe om jou MBA te optimaliseer. Dit is aangebied deur Dale Fobian, ʼn lewensafrigter en raadgewer, aangebied.
Fobian het verduidelik dat twee belangrike risiko's werknemers en werkgewers tans in die gesig staar:
- Werknemers bly tans 30% langer in dieselfde rol
- Werknemers neem groter verantwoordelikhede aan wanneer hulle bevorder word.
"Die werklikheid is dat ons nie ʼn kultuur kan ondersteun wat op bevorderings gegrond is nie. Ons wil hê mense moet oor hul loopbane begin dink as ʼn proses van groei en ontwikkeling in plaas daarvan omte veel te fokus op die volgende bevordering," sê hy.
Oor die huidige loopbaanlandskap het hy bygevoeg dat beide werkgewers en werknemers tans ontevrede is met loopbane. "Vyf-en-sewentig persent van die hoofde van die menslike hulpbronnebestuursafdelings verwag ʼn toenemende tekort aan interne vaardighede en slegs 30% van die werknemers is tevrede met toekomstige beroepsgeleenthede."