Skip to main content
Geslagsgebaseerde geweld: gesprekke duur voort

Geslagsgebaseerde geweld: gesprekke duur voort

Corporate Communication / Korporatiewe Kommunikasie
02 Oktober 2019

Die volgende vergadering tussen die bestuur van die Universiteit Stellenbosch (US) en studente om maatreëls te bespreek om geslagsgebaseerde geweld (GBV) te bekamp, is vir Woensdagmiddag, 2 Oktober 2019 geskeduleer.

Die eerste vergadering het op 9 September plaasgevind, toe die bestuur ʼn memorandum (klik hier) van die Beweging teen Geslagsgebaseerde geweld in ontvangs geneem het, en die tweede op 18 September, toe die bestuur se uitgebreide antwoord (klik hier) voorgelê is.

“Geslagsgebaseerde geweld ontlok geregverdigde woede, en om dit te bestry is ʼn geregverdigde saak. Ons is almal dit eens dat genoeg genoeg is. Dit is ʼn kollektiewe poging, " het prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier, gesê.