Skip to main content
Geleentheid vir betekenisvolle interaksie by US Woordfees

Geleentheid vir betekenisvolle interaksie by US Woordfees

Korporatiewe Kommunikasie / Corporate Communication
03 Maart 2017

​Om voort te bou op die Universiteit Stellenbosch se verbintenis om 2017 ʼn jaar van betekenisvolle interaksie met sleutelbelangegroepe te maak – veral personeellede en studente – het die Rektor se Bestuurspan (RBS) die saamstel van ʼn strategiese interaksie-kalender goedgekeur.  ʼn Lys van nege belangegroepe en 11 temas, wat die US se aktiwiteite oor die volgende paar maande sal rig, is opgestel (klik hier om te besigtig). In die lig van Menseregtedag wat binnekort gevier word, is die tema vir Maart, “Skep saam ʼn maatskaplik regverdige Universiteit Stellenbosch”, met die klem op ons Grondwet, inklusiwiteit, menswaardigheid, die bestryding van onbillike diskriminasie, gelyke geleenthede en toegang tot hoër onderwys.

Die Transformasiekantoor het verskeie items op die Woordfees-program identifiseer waar personeel en studente kan deelneem aan gesprekke rondom transformasie en maatskaplike geregtigheid:

  • Die Diskoersreeks by die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapontwikkeling tydens die jaarlikse Woordfees.
  • Die Oscar en Rose Mpetha-gedenklesing by die US Museum op 16 Maart, om 18:00.
  • Verskeie Woordfees-geleenthede en ‑onderwerpe wat oor maatskaplike geregtigheid en transformasie handel.