Skip to main content
Forum bekyk befondsingsopsies vir 8% styging in inkomste

Forum bekyk befondsingsopsies vir 8% styging in inkomste

Corporate Marketing/Korporatiewe Bemarking
15 Augustus 2016

​Dr Blade Nzimande, Minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Universiteite SA (USAf) en die Forum vir Universiteitsraadsvoorsitters (UCCF) het op Vrydag 12 Augustus 2016 ooreengekom op die stigting van 'n forum van veelvuldige belangegroepe om die behoefte vir 'n styging van 8% in die inkomste van die hoëronderwyssektor vir 2017 aan te spreek.

By die konsultasie-vergadering is daar besluit dat die forum die Nasionale Tesourie, die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, die private sektor verteenwoordig deur hul assosiasies, USAf en die UCCF, asook relevant studente-organisasies en geloofsgroeperings sal insluit. Die oogmerk is om 'n gesamentlike benadering te vind oor hoe die styging van 8% ten volle befonds kan word. Die inkomste kan van 'n verskeidenheid bronne verkry word. Daar is voorgestel dat die forum teen die einde van Augustus 2016 'n verslag sal lewer. Lees meer oor die uitkomste van dié vergadering.