
EucXylo bied navorsingsdag aan vir Hans Merensky Stigting en bedryfsvennote
Die EucXylo-navorsingsgroep, gelei deur die navorsingsleier van die Hans Merensky-leerstoel in Gevorderde Modellering van Houtvorming, Prof Dave Drew, was verheug om gasheer te speel vir hul befondsers en bedryfsvennote tydens 'n navorsingsdag op 7 Oktober 2021. Die suksesvolle hibriede geleentheid het beide in-persoon en aanlyn bywoners geakkommodeer. Dr Khotso Mokhele, president van die Hans Merensky Stigting, het die bywoners op 'n afstand vanaf 'n groot skerm in die elegante STIAS Herehuis-biblioteek toegespreek.
Nadoktorale navorser, Dr Letitia Schoeman, het die baanbreker resultate wat sy verkry het met die ontwikkeling van 'n X-straal berekende tomografie-geaktiveerde metode vir die monitering van veranderinge in die kambiale sone by lewende boompies aangebied. Nadoktorale navorser, Dr Kim Martin, het haar konseptuele prototipe van 'n raamwerk vir die integrasie van datavloei en konsepte in ekofisiologiese en xilogenese-modelle aangebied. PhD- en meestersgraadstudente het ook aanbiedings oor hul werk gelewer, met skale wat gewissel het van die molekulêre en sellulêre vlak tot heel bome en woude.
Die geleentheid is afgesluit met 'n reeks laboratoriumtoere en 'n netwerkgeleentheid (getiteld 'Canapes under the Canopy') wat gehou is onder die bome in die Departement Bosbou en Houtkunde se eksperimentele kwekery.
Die aantal vrae en die diepte van bespreking tydens die aanbiedingsperiode en in die netwerkgeleentheid het die opwinding van die diverse werk wat binne EucXylo uitgevoer word, en die entoesiastiese ontvangs van sowel befondsers as vennote vasgevang.