Skip to main content
Elsabé Daneel Kommunikasie-werkswinkels

Elsabé Daneel Kommunikasie-werkswinkels

Claudia Swart
04 Februarie 2019

ELSABÉ DANEEL KOMMUNIKASIE-WERKSWINKELS

Elsabé Daneel is 'n bekende TV-aanbieder, TV- en fliekakteur en het al verskeie teaterproduksies vervaardig en ook as aktrise daarin opgetree.  Sy is 'n vervaardiger, aanbieder en regisseur van korporatiewe videos asook dokumentêre programme vir kykNET en M-Net.

As kommunikasie- en mediastrateeg, bied sy ook 'n kommunikasie werkswinkel, genaamd Communication IQ, aan.  Hierdie werkswinkels oor kommunikasie- en aanbiedingsvaardighede is vol pret en gemik op korporatiewe kliente, TV- en radio-aanbieders, akteurs, publieke sprekers, opvoeders, studente, akademiese personeel, ens.

Elsabé sal gedurende 2019 twee kommunikasie-werkswinkels vir akademici by Universiteit Stellenbosch aanbied.  Die werkswinkels sal plaasvind op 3 Mei en 28 Augustus.

Die volgende onderwerpe word tydens die werkswinkels bespreek:

•             raak vertroud met kommunikasieterme•             ontdek die ABC van die kommunikasieproses•             evalueer jou sterk en swakker punte as kommunikeerder•             kommunikasiemodelle wat vir jou kan werk•             ondersoek die tegniese aspekte wat die kommunikasieproses beinvloed•             herken die rol van persoonlike styl•             maak die beste van lyftaal•             eksperimenteer met jou stemvermoë•             ontspanningstegnieke wat werk•             jou unieke verbale boodskap•             bou verhoudings•             die opneem van video's en podgooie vir gebruik in jou module.

Wanneer:

3 Mei vanaf 13:00 tot 17:30

28 Augustus vanaf 13:30 tot 17:30

Waar:

Den Bosch, 39 Victoria Straat (oorkant Skuilhoek en skuins agter die Konservatorium)

Daar is slegs 10 plekke beskikbaar per werkswinkel.

Kontak asseblief vir Nothemba Nqayi by [email protected] of 021 808 3717 om jou plek te bespreek.