
Eksamenopsieners benodig
Indien u graag as 'n opsiener diens wil doen tydens die US-eksamens vanaf Dinsdag 29 Oktober 2019 tot Saterdag 07 Desember 2019, het u nou geleentheid om aansoek te doen tot Donderdag 12 September 2019.
Minimum kwalifikasie Matriek. Voorgraadse studente kwalifiseer ongelukkig nie. Doserende personeel moet toestemming van hul Dekaan verkry, maar geen vakansieverlof hoef aangevra te word nie.
Vergoeding beloop R76,00 per uur, plus 'n addisionele halfuur per eksamensessie vir opsieners, en 'n addisionele twee ure per eksamensessie vir konvenors. Vergoeding vir alle toesighouding tot 20 November 2019 sal op 18 Desember 2019 betaal word en vir die tydperk daarna aan die einde van Januarie 2020.
Aansoekvorms is beskikbaar vanaf Maandag, 02 September 2019 by die Inligtingstoonbank, Admin A. Sluitingsdatum vir aansoeke is Donderdag 12 September 2019 om 16:00. Inlewering van 'n aansoekvorm waarborg nie aanstelling nie.
Kontak Eksamenkantoor by 021 8089111 vir verdere navrae.