
DWT deel nuwe plan vir wetenskap, tegnologie en innovasie tydens FGGW-besoek
ʼn Hoëvlak-afvaardiging van die Suid-Afrikaanse Nasionale Departement van Wetenskap en Tegnologie (DWT) het onlangs besoek afgelê aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW).

“Die DG se besoek was tot voordeel vir beide die fakulteit en die DWT," het me Bongekile Skosana, ʼn junior-dosent aan die FGGW se Afdeling Geneeskundige Fisiologie gesê. “Die fakulteit het die eer gehad om met die afvaardiging te skakel en kon opbouende terugvoer gee oor beleide wat die DWT in plek het, en kon voorstelle maak vir beleide wat opgestel kan word om te help met die huidige uitdagings wat nagraadse studente en navorsers raak."
As deel van hulle besoek het Mjwara die DWS se 2019 Witskrif vir Wetenskap, Tegnologie en Innovasie aan studente en wetenskaplikes aangebied en na die tyd met die gehoor gesels oor die DWT se planne en visie vir die toekoms van wetenskap, tegnologie en innovasie in Suid-Afrika.
“Ten spyte van beleidsvooruitgang deur WTI-intensiewe departemente in hulle onderskeiedomeine, en deur die DWT spesifiek, het die Suid-Afrikaanse nasionale stelsel vir innovasie nog nie gestand gedoen aan sy potensiaal om by te dra tot Suid-Afrika se ontwikkelingsuitdaging nie," het Mjwara in sy aanbieding gesê.
Volgens hom het sosiaal-ekonomiese- en omgewingsfaktore, asook die vinnige globale vooruitgang in tegnologie, die regering vereis om sy beleid rondom wetenskap, tegnologie en innovasie te hersien. Mjwara het gesê dat die nuwe WTI Witskrif-voorstel daarna poog om ʼn inklusiewe, interaktiewe en samehangende nasionale stelsel vir innovasie te ontwikkel; om ʼn bemagtigende omgewing vir innovasie te skep; en om die menslike hulpbronne asook die navorsingstelsel uit te brei en te transformeer.
“Die 2019 Witskrif vir Wetenskap, Tegnologie en Innovasie stel ʼn langtermyn beleidsrigting op vir die Suid-Afrikaanse regering, en verseker die toenemende rol van wetenskap, tegnologie en innovasie in ʼn meer welvarende en inklusiewe samelewing," het Mjwara gesê.
Onderskrif: Mnr Ben Durham, dr Phil Mjwara, me Bongekile Skosana, prof Jimmy Volmink, dr Daniel Adams and mnr Beeuwen Gerryts.