Skip to main content
Drie Maties gekies om SA by Olimpiese kwalifiseringstoernooi te verteenwoordig

Drie Maties gekies om SA by Olimpiese kwalifiseringstoernooi te verteenwoordig

Maties Sport
15 Februarie 2016

​Drie Maties Waterpolo-spelers is gekies om Suid-Afrika in April by die FINA Olimpiese kwalifiseringstoernooi in Trieste, Italië, te verteenwoordig.

Hulle is Nicholas Schooling, Lood Rabie en Lwazi Madi. Nicholas Downes is gekies as 'n nie-reisende reserwe.

Geluk aan hierdie spelers. Maties Sport wens hulle alle van die beste toe.

Fotokrediet: Outsider Communications