
Dis weer tyd vir die jaarlikse kampus pretstap
Dis weer sulke tyd: tyd om jou drafskoene aan te trek en deel te neem aan die jaarlikse pretstap/-draf van die die US se Welwees-afdeling. Die 5km pretstap word vanjaar op Vrydag 1 April 2016 plaas en word daar om 13:30 by die Coetzenburg Sportgronde weggespring (sien inskrywingsvorm hieronder).
Die US se Welwees-afdeling bied reeds dié geleentheid sedert 2012 jaarliks op Stellenbosch aan om personeellede en studente aan te moedig om gesond te leef.
Me Maureen Kennedy, Bestuurder: Werknemer Welwees in die Afdeling Menslike Hulpbronne, sê hierdie is een van die pogings van die Afdeling om in die gesondheid van personeel te belê. Volgens Kennedy dui jaarlikse toetse daarop dat die US-personeel nie aktief genoeg is nie en nie voldoen aan die een kritieria (waaronder ander) vir 'n gesonde leefstyl en dit is om vir ten misnte 150 minute per week te oefen nie.
"'n Geleentheid soos hierdie bied personeel die geleentheid om aktief te wees en boonop pret saam met kollegas tydens 'n welwees aktiwiteit te hê. Hierdie kan 'n positiewe impak op hul fisiese- en sosiale welstand hê," sê Kennedy.
Besonderhede van die geleentheid:
Datum: 1 April 2016
Tyd: 13:30
Plek: Coetzenburg-sportgronde
Navrae: Maureen Kennedy 021 808 4824 / [email protected] of Ricardo Steyn 021 808 2755 / [email protected].
Die US pendeldiens sal beskikbaar wees om vervoer na en van die Coetzenburg-sportgronde te verskaf.
Sluitingsdatum is 24 Maart 2016