Skip to main content
Die US ondersteun sektorale benadering oor studentegelde – Rektor

Die US ondersteun sektorale benadering oor studentegelde – Rektor

Corporate Marketing/Korporatiewe Bemarking
18 Augustus 2016

Die Universiteit Stellenbosch (US) ondersteun die sektorale benadering dat universiteite ʼn minimum styging van 8% in jaarlikse inkomste benodig vir 2017.

Dit is volgens prof Wim de Villiers, US-Rektor en Visekanselier, in ʼn skrywe vroeër hierdie week aan personeel en studente​​. Dié inkomste kan van ʼn verskeidenheid bronne verkry word, onder meer staatsubsidies, studentegelde en ander privaat-bronne. ʼn Styging in inkomste vir 2017 van minder as 8%, sal die finansiële posisie van ten minste 17 van die 26 hoër-onderwysinstellings in die gedrang bring, aldus prof De Villiers.

Hy het ook die insette van studente en personeel aangemoedig. Die e-posadres vir terugvoer is [email protected].