Skip to main content
Die 2015-uitgawe van die FGGW se Jaarlikse Publikasie is nou beskikbaar!

Die 2015-uitgawe van die FGGW se Jaarlikse Publikasie is nou beskikbaar!

FMHS Marketing & Communications
19 Januarie 2016

In hierdie uitgawe kan jy lees oor die dekaan se sieninge oor ongelykheid en sy voorstel oor hoe wetenskaplikes en gesondheidswerkers kan help om die gaping te oorbrug; en meer leer oor van die fassinerende navorsing by die fakulteit. Vind uit wat geestesgesondheid met jou hart te doen het; watse geraamtes prof Ben Page van Anatomie in die… eh, laai het; hoe oefening en beweging deeluitmaak van geneeskunde; al die wêreld-eerstes by die fakulteit (en nie net DAAI oorplanting nie); hoe lewendige jong wetenskaplikes opslae maak; en nog baie meer!

Kliek hier om die digitale uitgawe van die FGGW se 2015 Jaarlikse Publikasie af te laai, of kry jou gratis hardekopie in die Kliniese Gebou se voorportaal of by die Bemarkingskantoor (kamer 1072, 1ste vloer, Kliniese Gebou).