Skip to main content
Creative Commons Lisensies: verstaan die lisensies en die US konteks

Creative Commons Lisensies: verstaan die lisensies en die US konteks

Elzette le Roux
08 September 2021

​Die saamstel van kursusmateriaal van programme en/of kursusse vir die digitale leerruimte (maar nie net beperk daartoe nie) sluit dikwels die kreatiewe werk, byvoorbeeld letterkundige werk, drama tekste, kunswerk en ander vorme van kennis, van ander bydraers ook in. Die gebruik van kreatiwiteit en kennis, beskikbaar as ooptoegangsbronne, laat dikwels die vraag ontstaan wat die kopiereg en ander regsimplikasies van die gebruik daarvan is? Besoek gerus die ​CC-blad ​op die SLT webblad vir meer inligting rakende Creative Commons lisensies en die Universiteit Stellenbosch se konteks met betrekking daartoe.