Skip to main content
Brief aan kaartjiehouers

Brief aan kaartjiehouers

Maties Sport
18 Maart 2016

​​Maties Rugby heg groot waarde aan die ondersteuning wat hulle ontvang van kaartjiehouers, studente, personeel en die gemeenskap.

Aangesien die res van die Varsity Cup-uitspeelrondes nie by die Coetzenburg-stadion sal plaasvind nie, en daar nog besluit sal word of die halfeindrondes en die finaal by die onderskeie spanne se tuisvelde aangebied sal word, moes alternatiewe planne met kaartjies gemaak word.

FNB Maties speel nou op 24 Maart (teen FNB Shimlas) en 28 Maart (teen FNB UJ) in die Kaapstad-stadion en mense wat reeds kaartjies gekoop het, kan dit ruil vir kaartjies om hierdie wedstryde daar gaan te kyk.

​Lees hierdie brief​ aan kaartjiehouers.​