Botaniese Tuin oop aande 2016
28 Januarie 2014
Die botaniese tuin se oop aande is vanaf die 4de tot die 12de Maart 2016, vanaf 17h00 tot 22h00 saans. Die Katjiepiering restaurant (bespreek vroegtydig asb) asook die tuin se geskenkwinkel sal oop wees. Almal word genooi na die besigtiging van die nagtelike blomtyd van die Victoria cruziana waterlelie met sy yslike groot blare. Toegang is gratis.