
Bosbou- en Houtkunde student wen tweede prys in Brazil!
Stephen Amiandamhen, 'n PhD-student in dieBosbou- en Houtkunde Departement, is bekroon metdie tweede prys van $ 250 vir mondelinge en plakkaataanbieding by die 59ste Society of Wood Science and Technology(SWST) Konvensie wat onlangs inCuritiba, Brasilië,gehou is. Hy het ook 'n gedenkplaat in die studentplakkaatsessie losgeslaan.Sy studie fokus op die gebruik van fosfaat gebaseerdebindings, wat 'n laer koolstof-voetspoor het as sementverwante produkte. Hy gebruik hierdie bindings om houtsamestellings te vervaardig uit uitheemse boomspesiesen het getoon dat dit moontlik is om produkte te produseermet aanvaarbare gehalte, selfs sonder bas verwydering, wat 'nvereiste vir 'n meerderheid van sulke produkte is.Stephen se reis na Brasilië is moontlik gemaak met die ondersteuningvan die Nasionale Navorsingstigting (NNS) en 'n 800Amerikaanse dollar borgskap van die organiseerders.