Skip to main content

Boekskenking gee Iimbovane-mierprojek ’n hupstoot

Media and communication, Faculty of Science
07 Junie 2017

Die Iimbovane Uitreikprojek het 'n groot boekeskenking ontvang wat nou gebruik sal word in die onderrig van hoërskoolleerders in biodiversiteitswetenskap. 

Die skenking van 50 kopieë van Peter Slingsby se nuwe boek: Ants of Southern Africa: a Friendly Guide, 'n gids tot die miere van Suider-Afrika en ook 'n eerste van sy soort, is moontlik gemaak deur die Mapula Trust en die skrywer self. Alhoewel Peter welbekend is vir sy kaarte, is hy ook 'n kranige mier-entoesias en skrywer van verskeie boeke oor rotskuns in die Suid-Kaap en Sederberge.  Ants of Southern Africa: a Friendly Guide is in Maart vrygestel.

Coverantbook.jpg
Die skenking is oorhandig tydens 'n aanbieding deur Peter waar hy verduidelik het hoe sy lewenslange passie vir miere gelei het tot 'n opwindende nuwe veldgids. Sy passie vir miere is alreeds op 'n jong ouderdom aangewakker deur 'n boek wat die bekende Suid-Afrikaanse entomoloog, Sydney Harold Skaife, geskryf het.  

Wat Peter opgeval het, was die gebrek aan vrylik beskikbare feite oor miere. Hy het besluit om hierdie probleem op te los deur hierdie boek te skryf wat ook hoëkwaliteit foto's van lewende miere bevat.  

"Botanists use dried plants in herbaria, which the public will get bored of, as the need to see the live plants to gain interest; similarly, scientists need pinned ants in a reference collection for studies, the public however, need to see live ants,

IMG_3567.jpg
verduidelik Peter.

Met die insette en leiding van sommige van die wêreld se kundiges op hierdie vakgebied, het Peter dit reggekry om 256 volkleur bladsye te vul met beskrywings van 250 mierspesies, met 400 meer wat genoem word. Die boek is vol uitstekende sketse deur Peter self, foto's deur Philip Herbst, asook die beste vyftig iSpot-bydraes. iSpot is 'n aanlyngemeenskap waar enige iemand bydraes kan pos  en dan sodoende bydra tot die identifikasie van fotobeelde van enige lewende organismes.  

Oor die jare het Peter saam met verskeie opvoedkundige omgewingsorganisasies gewerk waar hy kinders geleer het oor miere en myrmechochory (saadverspreiding deur miere). Nadat Peter gehoor het van die werk wat Iimbovane doen, het hy met die finansiële hulp van die Mapula Trust, 50 kopieë van sy gids aan die Iimbovane mier-projek geskenk.

Iimbovane is 'n wetenskapsuitreikprojek wat gehuisves word by die Universiteit Stllenbosch en wat miere gebruik as modelspesie om leerders te leer oor biodiversiteit en wetenskap.   

"Dit is 'n baie welkome toevoeging tot die bronne van die Imbovane Projek. Ons sal die geskenkte boeke gebruik tydens ons werkswinkels en veldekskursies om leerders bekend te stel aan die volle diversiteit van die spesie. Die pragtige foto's en briljante feite oor miere sal gebruik word om ons klaskamerlesse oor mierbiologie, hulle sosiale gedrag en biologiese klassifikasie, toe te lig.  Hierdie boeke is instrumenteel in ons pogings om die jeug op te voed oor biodiversiteit," sê Dorette du Plessis van die Iimbovane- mierprojek.

Vir meer inligting oor die boek, kontak Peter by [email protected]

Die boek kan bestel word by www.slingsbymaps.com 

Op die foto, Dorette du Plessis van die Iimbivane-mierprojek saam met die skrywer, Peter Slingsby