
Bekendstelling van die Eenheid vir Gelykwaardigheid by SSVO
Die nuwe Eenheid vir Gelykwaardigheid by Sentrum vir Studentevoorligting en -Ontwikkeling (SSVO) het ten doel om die kollektiewe benadering teenoor sosiale regverdigheid en die diskoers oor sosiale ongelykwaardigheid by SU te bevorder.
Die eenheid poog om bewustheid oor seksualiteit, gender, MIV/Vigs en anti-diskriminasie op kampus onder beide studente en personeel te bevorder en 'n opleidingsrol te speel in samewerking met relevante kampusstrukture.
Die Eenheid is verantwoordelik vir die koördinering en implementering van die US se beleide oor Onbillike Diskriminasie (in proses), Seksuele Teistering en MIV/Vigs. Dit sal ook dien as die gesentraliseerde eenstopdiens waarvandaan insidente van onbillike diskriminasie en verskeie vorme van teistering, wat beide studente en personeel ervaar, bestuur word.
Die Eenheid bied n instap aanmeldingsdiens by Victoriastraat 39, aanmeldings en navrae kan ook gerig word aan die volgende e-pos adresse:
[email protected] vir die aanmelding van gevalle van diskriminasie, teistering, seksuele teistering en viktimisering
Volg ons ook asb op Faceboek en Twitter @MatieSUrpass vir nuus en gebeure!