Dit is weer tyd vir die Alumni-kantoor se jaarlikse Teleton - so verwag 'n oproep tussen 5 en 13 September. ’n Span van senior studente sal jou en ander alumni tydens die Teleton bel. Ons is seker dat jy sal kan empatiseer met hulle huidige uitdagings en ook kan saamlag oor die dinge wat deel is daarvan om ’n Matie te wees, en oor die dinge wat jy die meeste mis.Die studente sal jou ook uitnooi om die Maties 4 Maties (M4M) Beursfonds te steun. Hierdie Beursfonds is ’n student-gedrewe inisiatief wat streef daarna om fondse in te samel om mede-Maties te help met noodsaaklikhede soos boeke, kos en ’n plek op kampus om hul eie te noem. Enige bydrae wat jy maak sal ’n verskil in die lewe van mede-Maties maak, óf dit nou ’n maandelikse skenking van R100 is, of ’n eenmalige skenking van R1 000.Hierdie Teleton gee ons ook die kans om te hoor hoe jy met jou alma mater in verbinding wil bly. Soos ons altyd sê, “Eens ’n Matie, altyd ’n Matie!”Wie is aan die anderkant van die lyn?
Luan OdendalEk is 'n tweedejaar BRek-student, en bly in Helshoogte Manskoshuis. Ek is mal oor die positiewe atmosfeer in Stellenbosch en op kampus. Ek kyk graag sport, maar is ook 'n deelnemer. Ek stap gereeld en hou van "road trips" in en om die Wes-Kaap.
Luther GeorgeEk is 'n derdejaar student in maatskaplike werk. Ek hou van die diversiteit by die US. Ek bly in private akkommodasie. Ek kyk graag TV-reekse en films. My gunsteling-reeks is Game of Thrones en my gunsteling fliek is Batman-The dark night. Ek speel en kyk ook graag sokker.
Patience JonasEk is in my finale-jaar BA Maatskaplike Werk. Ek hou daarvan om deel van die eenheid van so 'n diverse groep en ook 'n deel van die "Stellenbosch bubble" te wees. Ek het vir drie jaar in Serruria-dameskoshuis gebly en deesdae woon ek in Huis Russel Botman. Ek praat baie, maar ek is ook 'n goeie luisteraar. My dag is nie vervul sonder 'n lag-sessie nie.
Aden BartesEk is 'n derdejaar-regstudent. Ek is lief vir die diversiteit aan die Universiteit, waar alle studente uit verskillende agtergronde bymekaar kan kom en saam kan floreer. Ek woon tans in die Universiteit se Luister-, Leer- en Leef-behuising. Ek het voorheen vir twee jaar in Huis Visser gebly. Ek is absoluut mal oor musiek, veral sang. Ek is ook lief vir my troeteldiere - 'n kat en 'n hond.
Njabulo NyathiEk is in my derde jaar van LLB-studies. Ek hou van die US is dat daar studente is wat wat glo en belê in verandering. Ek bly in die Universiteit se Luister-, Leer- en Leef-behuising. Ek was in die koor en ek is lief vir sing.
Marshall VisagieEk is 'n finale-jaar regstudent en bly in Huis Russel Botman. Ek is lief vir die diverse omgewing van Stellenbosch en ek is 'n musiek liefhebber so ek wy my vrye daaraan om vir Whitney Houston ore aan te sit :-)
Minnie BurtonEk is tans besig met 'n BTh-graad en is van plan om in Sosiologie en Pastorale Sorg te spesialiseer. Die US het my 'n geleentheid gegee om my toekoms vooruitsigte te verbeter en om hoop en bemoediging aan die jeug te bring. Ek bly in privaat akkommodasie. Ek werk tans met kinders van die Cloetesville-gemeenskap, doen motiverende werk in die gemeenskap en by kerke. Ek is ook besig met die versterking van positiewe ingesteldheid in die jeug en om hulle te help om persoonlike doelwitte te stel en ook hoe om mislukkings, probleme en verliese in hul lewens te hanteer.
Phumla MsibiEk is besig met 'n BCom in Bestuurswetenskappe, en spesialiseer in Finansiële Bestuur, Entrepreneurskap en Innovasiebestuur met Strategiese Bestuur. Ek is 'n finale-jaar student. en ek bly in Concordia. Wat ek hou van Stellies is die gestruktureerde en goed-gebalanseerde studentelewe. Die feit dat ek Stellenbosch met soveel meer as net 'n graad kan verlaat, is wonderlik. Ek sal Stellenbosch met vaardighede verlaat wat my sal toerus in die werkplek en om die samelewing te verander. Ek is regtig lief vir die Stellies omgewing (akademies en fisies). Ek besit my eie spyseniering en geleentheidsbesuur besigheid, waar ons verversings vir geleenthede in Stellenbosch doen. Ek is passievol oor die gemeenskap, doen tutor-werk by hoërskole en is ook 'n gekwalifiseerde MIV-berader.
Benda-Anne Van NiekerkEk studeer tans BSc Menslike Lewenswetenskappe in my tweede-jaar en woon in Erica-koshuis. Ek geniet dit om te oefen en om in die strate en berg paaie van Stellenbosch te draf - een van die belangrikste aspekte wat my tot Stellenbosch en ons pragtige kampus aangetrek het. Ek glo dat 'n mooi omgewing bydra tot die goeie geestelike welstand van 'n student, en 'n gelukkige student lei tot studentesukses.
Viwe SmithEk is 'n Ekonomie-student in my finale-jaar van studies. Ek is trots om 'n Matie te wees want die US is 'n instelling waar ons gehalte-onderwys ontvang, en wat ons toelaat om in ons onderskeie velde te floreer! Ek bly tans in 'n LLL-dorpie, maar was vroeër 'n inwonder van Erica-dameskoshuis. Ek beskou myself as 'n fliek en musiek entoesias.
(Fotograaf: Marvin Koopman)