Mandeladag: Madiba se lewe 'n herinnering dat bevryding, reis na vryheid voortduur
- Mandeladag is op 18 Julie gevier.
- US-personeel het meningsartikels geskryf.
- Hulle het op bevryding, vryheid en diversiteit gefokus.
Nelson Mandela se lewe herinner ons dat bevryding nooit 'n voltooide saak is nie, maar 'n voortdurende verantwoordelikheid, en dat die pad na vryheid nooit werklik voltooi is nie – dit is 'n reis wat elke geslag moet kies om te stap. Só het personeel van die Universiteit Stellenbosch in meningsartikels vir die media ter viering van Mandeladag op 18 Julie geskryf. Klik op die skakels hier onder om die vertaalde weergawes van die artikels te lees.
Prof Chris Jones (Mandela het geweet mag moet beperk word. Onthou die ANC nog? – News24)
Tania Arrison (Die lang pad na vryheid is nie verby nie – Mail & Guardian)
In nog ʼn meningsartikel vir Mandeladag, wat deur die Stellenbosch Bestuurskool gefasiliteer is, het prof Armand Bam beklemtoon dat dit belangrik is om diversiteit te omarm en xenofobie in Suid-Afrika te verwerp. Klik op die skakel hier onder om die artikel soos geplaas te lees. Dit is ongelukkig nie in Afrikaans beskikbaar nie.
Prof Armand Bam (Omarming van diversiteit: Mandeladag en die stryd teen xenofobie in Suid-Afrika – Weekend Argus)