Skip to main content
Ubuntu Herbedink in die Postkolonie: Helende Krag of die Einde van ʼn Idee?

Ubuntu Herbedink in die Postkolonie: Helende Krag of die Einde van ʼn Idee?

Dr Marietjie Oelofsen
10 November 2021

Professor Lesley Le Grange, gesiene professor in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch, en professor Bernard Matolino, medeprofessor in Filosofie aan die Universiteit van KwaZulu-Natal is die gaste in die laaste van die Ubuntu Dialoog Projek se webinarreeks vir 2021. Professor Le Grange se werk hou verband met ubuntu as deel van ʼn inheemse kennisraamwerk in ʼn gedekolonialiseerde onderwysstelsel en die potensiaal van ubuntu as ʼn helende krag in die natuur, die samelewing en die self. Professor Matolino het al vrae geopper omtrent die wyse waarop ubuntu toegepas word as ʼn instrument vir heling, rekonsiliasie en nasiebou in post-apartheid Suid-Afrika, die prominentste daarvan in ʼn artikel, The End of Ubuntu, wat saam met professor Wenceslaus Kwindingwi geskryf is.

Datum: Donderdag 25 November 2021

Tyd: 16:00-17:30 (SAST), 09:00-10:30 (ODT)

Kliek hier om te registreer vir die webinar:

https://maties.zoom.us/webinar/register/WN_mFkNb1NETqWCcVuEScfHxw