Skip to main content

Voorgraads

Logistiek en Voorsieningskettingbestuur

​​Van die grootste voertuigvervaardigingsonderneming tot die kleinste produsent, en enige besigheid wat produkte koop of verkoop – hulle benodig almal mense met logistieke en voorsieningskettingvaardighede, beide plaaslik en internasionaal. 

Operasionele Navorsing

​Die leuse van operasionele navorsing is “The Science of Better”. 'n Operasionele navorser volg 'n wetenskaplike benadering om metodes voor te stel vir die verbetering van werklike probleme soos die bogenoemde, en gebruik tegnieke wat tipies oorvleuel met wiskunde, statistiek en rekenaarwetenskap om die beste of optimale oplossings te bereken.​

Besigheidsanalise

Die vaardighede wat in Besigheidsanalise aangebied word, sal jou toerus met data-ontledingsvaardighede om insigte in besigheidsfunksies en -prosesse te verkry. 

Vervoerekonomie

​Vervoerekonomie hou verband met die optimale toewysing van skaars hulpbronne binne die vervoersektor, asook tussen die vervoersektor en ander sektore in die ekonomie.