Skip to main content

BCom Honneurs Menslike Hulpbronbestuur

Om te kwalifiseer vir oorweging tot toelating tot die BCom Honneurs (MHB) program, geld die volgende kriteria:

  • U gegradueer het met ʼn erkende baccalaureus graad met Bedryfsielkunde/MHB as hoofvak.
  • Indien u van ʼn nie-Suid-Afrikaanse universiteit gegradueer het, sal u universiteit deur die Nagraadse kantoor van die Universiteit van Stellenbosch moet erken en goedgekeur word;
  • U moes met ʼn gemiddelde persentasiepunt van 65% in Bedryfsielkunde in die finale jaar van u baccalaureus graad gegradueer het.

 

 

placeholder staff
Ms Coreli Cillie
021 808 3005

Vir meer inligting rondom die aansoek prosedures tot die BCom Honneurs (Menslike Hulpbronbestuur) program kontak Me Coreli Cillie by 021 808 3005 of [email protected]

Die Departement ontvang gewoonlik meer kwalifiserende aansoekers as wat ons op die program kan akkommodeer. Om aansoekers in rang-orde te plaas is gewoonlik onvermydelik. Rang-ordening sal op die volgende kriteria gebaseer wees:  die grootte van die gemiddelde prestasiepunt in die derde jaar (finale jaar), of ʼn persentasiepunte hoër as 65 % behaal is in al die finale-jaar modules, en die konsekwentheid waarmee studente deurgaans akademies presteer het in Bedryfsielkunde/MHB in die baccalaureus graad. Die orde waarmee hierdie kriteria gelys word, reflekteer hul belangrikheid in die rangorde-stelling van applikante wat kwalifiseer vir toelating.