Skip to main content

Jacobs se lab

Prof Karin Jacobs
Image by: Heinrich Volschenk

Prof Karin Jacobs

Navorsingstema

Mikrobiese ekologie en swamtaksonomie

Navorsingsoorsig

Ons belangstelling is in die diversiteit en struktuur van mikrobiese gemeenskappe van grond, met 'n spesiale belangstelling in die grond mikrobiese gemeenskappe van die fynbosbioom. Ons doel is om die effek van verandering, deur menslike aktiwiteite, op grond gemeenskappe te verstaan. Ons vernaamste belangstelling is om die effek van verskillende aspekte van indringerplante op die grond gemeenskappe en die uitwerking daarvan op die grond prosesse en ekosisteemdienste te bestudeer. Deel van ons studie sluit in die dokumentasie van swam taksa van die omgewing. Ons het gefokus op Penicillium, Aspergillus, en ericoid mycorrhizae.
 

Hoof projekte

  • Diversiteit van ericoid mycorrhizae van die fynbosbioom
  • Diversiteit van Penicillium en Talaromyces spp. van die fynbos
  • Die effek van indringerplante op die mikrobiese gemeenskappe in oewersones van fynbos en gevolge van skoonmaak praktyke
  • Wortelsfeer gemeenskappe wat verband hou met wilde en kommersiële Cyclopia sp. en Aspalathus linearus plante
  • Biodiversiteit in die wortelknoppies van Cyclopia sp. en Aspalathus linearus plante
  • Entomopatogeniese swamme wat verband hou met indringer perdebye in die Wes-Kaap
  • Die effek van verskillende stuifmeelbronne op die mikrobiese gemeenskappe van die Kaapse heuningby

Sien Publikasies

Kontakbesonderhede

Kantoor: JC Smuts Gebou A331

Landlyn: +27 21 808 5806

E-pos

​Blits skakels

Sporatec