Nagraadse programme
Die MSc- en PhD-graadprogramme vorm die kern van die departement se navorsingsaktiwiteite. Studente wat vir hierdie gevorderde navorsingsgrade ingeskryf is, moet 'n oorspronklike navorsingsprojek en tesis in enige een van die navorsingsgroepe van die Departement Chemie en Polimeerwetenskap voltooi. Vir meer inligting oor die navorsingsfokusse van die departement, sien die Navorsingsblad.
Die volgende grade word aangebied:
- MSc in Chemie
- MSc in Polimeerwetenskap
- PhD in Chemie
- PhD in Polimeerwetenskap
Toelatingsvereistes
Vir MSc: 'n toepaslike BSc Hons-graad of ekwivalente kwalifikasie
Vir PhD: 'n toepaslike MSc-graad of ekwivalente kwalifikasie
Aansoekprosedure
Voornemende studente word aangemoedig om groepleiers direk te kontak om navraag te doen oor die beskikbaarheid van poste. Die meeste groepe bied befondsing in die vorm van beurse en/of toelaes vir lewenskoste.