Skip to main content


 

FGGW Navorsing &

Internasionalisering

forward together | sonke siya phambili | saam vorentoe

Wêreldvoorlopers in 
biomediese en gesondheidsnavorsing

Die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) doen navorsing van die hoogste gehalte. As een van die top navorsingsinstellings in Afrika vir mediese en gesondheidswetenskappe, is die fakulteit aan die voorpunt van baanbreker navorsing in die gesondheidswetenskappe. Ons wetenskaplikes ontvang deeglike erkenning by die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR) se Wetenskaplike Merietetoekennings. In onlangse jare het ons navorsers ongekende sukses behaal met die verwerwing van eksterne navorsingstoekennings. Dekades van volgehoue ywer op die gebied van biomediese navorsing, het ons fakulteit en sy Biomediese Navorsingsinstituut (BMRI) op die wêreldtoneel gevestig. 

'n Navorsingsagenda wat deur strategiese navorsingstemas gevorm word, verseker dat ons navorsingsaktiwiteite die belangrikste gesondheidsuitdagings aanspreek wat die Afrika-kontinent en die wêreld in die gesig staar. Ons toegeweide afdeling vir Navorsings- en Internasionaliseringsontwikkeling en -Steun (NIOS) skep 'n bevorderlike omgewing vir hierdie werk.

 

'n Navorsings-gemeenskap wat uitreik en gedy


Die FGGW huisves meer as honderd navorsers wat deur die Nasionale Navorsingstigting (NRF) gegradeer is, en verskeie navorsingsleerstoele van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoelinisiatief (SARChI); bo en behalwe ons akademiese departemente, sentrums, buro's, en institute.  

Ons navorsers maak indruk in die mees gerespekteerde internasionale tydskrifte. 'n Getuienis van ons trotse navorsingstradisie is die jaarlikse fakulteitsuitset van honderde eweknie-beoordeelde wetenskaplike artikels en referate wat in Suid-Afrika en in die buiteland gelewer word. 

Meer as 100 meesters- en PhD-vlakprogramme word aangebied. Meer as 80 meesters- en 60 doktorale kandidate wat elke jaar aan ons fakulteit gradueer, vorm 'n uitmuntende kohort van biomediese navorsers. 

Ons presteer as 'n toonaangewende navorsingsryke omgewing met uitgebreide samewerking regoor die wêreld, benewens ons nasionale en kontinentale vennootskappe.

 

Internasionale samewerking en mobiliteit

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheids-wetenskappe is diep verbind met ’n dinamiese, globale netwerk van universiteite, navorsingsinstellings en gesondheidvennote. Deur hierdie verhoudings deel ons kennis, skep ons gesamentlik oplossings, en baan ons die weg vir navorsing met impak, betekenisvolle sosiale betrokkenheid oor grense heen, en transformerende onderrig.

Hierdie uitruiling van kennis, kundigheid en innovasie oor grense heen word ondersteun deur Tygerberg Internasionaal, deur die fasilitering van strategiese vennootskappe, geleenthede vir akademiese mobiliteit, en die verskaffing van doelgerigte ondersteuning aan internasionale studente, personeel en besoekers. Hierdie internasionale betrokkenheid versterk ons navorsingspogings, verryk ons fakulteitsgemeenskap, en help om ons bydrae tot kennis en welsyn wêreldwyd te verseker.

forward together • sonke siya phambili • saam vorentoe

Ons fakulteit beoog om ons bydrae tot die ontdekking, deel en vertaling van kennis voort te sit, wat beide gesondheid en ontwikkeling sal bevorder; en om toekomstige biomediese navorsers as betrokke burgers en denkleiers te ontwikkel.
 

Navorsing

» Klik hier om deur US navorser profiele te blaai.

Hier kan nasionale en internasionale navorsingsmedewerkers en bedryfsvennote die gids vir US-kundiges deursoek; voornemende nagraadse studente kan potensiële studieleiers identifiseer; en joernaliste kan geskikte kundiges vind om oor spesifieke kwessies in gesprek te tree.​