Skip to main content
SpeedCourt
Image by: Wilma Stassen
Persverklaring Geneeskunde en gesondheid Sport

Suid-Afrikaanse rugbysterre blink uit by SpeedCourt-uitdaging op Tygerberg-kampus

Dr Florence de Vries
10 April 2026
  • Die bekendstelling van die SpeedCourt by Stellenbosch University bring Afrika se eerste elite-stelsel vir die meting van ratsheid, reaksietyd en kognitiewe prestasie.
  • Top-rugbysterre soos Sacha Feinberg-Mngomezulu het gewys hoe die SpeedCourt hoëprestasie-sport en kliniese rehabilitasie oorbrug.
  • ’n Ses-maande interne liga gaan welstand, innovasie en navorsing binne die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bevorder.

Die bestendige akademiese omgewing van die Universiteit Stellenbosch se Tygerberg-kampus is het onlangs ’n adrenalieninspuiting van top-rugbymanne gekry. Spanlede van die Springbokke-, Stormers- en Sewes-span het saam met fakulteitslede die amptelike opening van die SpeedCourt Challenge bygewoon. Dis ’n splinternuwe inisiatief wat mededingende sportgees en baanbrekerswerk in die velde van hoëprestasie-fisioterapie en sportwetenskap inkorporeer. 


Die SpeedCourt – ’n eerste van sy soort op die Afrika-kontinent – is ’n hoëtegnologie- diagnostiese stelsel wat druksensitiewe sensors gebruik om beweeglikheid, reaksietyd en kognitiewe prosessering intyds te meet. Die stelsel gee onmiddellike terugvoer op spoed in verskillende rigtings en oorbrug die gaping tussen kliniese rehabilitasie en sport op sy hoogste verrigting en is in 2025 deur die USse Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe gestig. 


“Dis ’n innoverende benadering tot prestasie-afrigting en rehabilitasie wat verseker dat pasiënte vinnig herstel én beter presteer,” sê dr. Aneurin Robyn, hoof van die mediese koördinasie vir die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) en trotse alumnus van die fakulteit se fisioterapie-afdeling. 
Die SpeedCourt-uitdaging dui aan die begin van ’n interne liga waar 14 fakulteitspanne mekaar oor die volgende ses maande sal uitdaag. Rugbysterre soos Sacha Feinberg-Mngomezulu en Damian Willemse, Daniel du Plessis, Seabelo Senatla, Zain Davids en Tristan Leyds het ’n tikkie prestige tot die bekendstelling gebring en die belangrikheid van die fakulteit onderstreep. Die atmosfeer was elektries toe Feinberg-Mngomezulu die sensors betree en gedemonstreer het hoe flinke voetwerk en blitsige besluitneming deur die SpeedCourt verfyn sal word. 


Aldus dr. Aneurin Robyn, hoof van mediese koördinering vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) en trotse FMHS Fisioterapie-alumnus: “Dit is ’n innoverende benadering tot prestasie-opleiding en rehabilitasie, wat verseker dat pasiënte vinniger herstel en slimmer presteer.”


Die maatstaf vir die 14 deelnemende spanne is beslis hoog gestel. Hierdie interne kompetisie se doel is om ’n kultuur van gesondheid en welstand onder personeellede te kweek en om die fakulteit se nuwe tegnologie eerstehands  te beproef. 


Prof. Conran Joseph, hoof van die afdeling fisioterapie in die Fakulteit se Departement van Gesondheid en Rehabilitasiewetenskappe, het die strategiese belangrikheid van die inisiatief benadruk: “Buiten die interne liga wat uit fakulteitslede bestaan, is die doel om die Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en die afdeling fisioterapie as ’n voorste sentrum vir sportgroepe landwyd te vestig.

  
Die SpeedCourt is ’n tegnologiese mylpaal vir die Fakulteit wat vanjaar sy 70ste bestaansjaar vier. Hierdie byvoeging ondersteun die Fakulteit se nalatenskap van mediese baanbrekerswerk. “Die SpeedCourt is deel van ’n lang lys  innoveringsinisiatiewe binne die Fakulteit, en weerspieël ’n diepgesetelde toewyding om wetenskaplike grense uit te daag. Dit dien as ’n kritiese katalisator vir interdissiplinêre navorsing in die Fakulteit se Departement van Gesondheid en Rehabilitasiewetenskappe,” het Prof. Joseph bygevoeg. 

Verwante stories