Skip to main content

Desmond Tutu TB Centre

Preparing the next generation of industry experts

Die Desmond Tutu Tuberkulose Sentrum (DTTC) is ’n akademiese navorsingsentrum wat geleë is in die Departement Pediatrie en Kindergesondheid, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Kaapstad, Suid-Afrika. Die sentrum is in 2003 gestig. In 2004 het aartsbiskop emeritus Desmond Tutu, wat as kind aan tuberkulose gely het, beskermheer van die sentrum geword, waarna dit formeel na hom vernoem is.

Die sentrum se doelwitte is gebaseer op ’n strategie wat steun op beide basiese en toegepaste navorsing, asook op die opleiding van studente en gemeenskappe in alle aspekte van tuberkulose (TB). Die sentrum werk vanuit die uitgangspunt dat navorsing op grondvlak nooit onderskat moet word nie — insluitend samewerking met gemeenskappe en ondersoeke na die alledaagse uitdagings van mense wat deur TB en MIV geraak of besmet is. Ons werk dien as bewys dat suksesvolle behandelings in klinieke, gesondheidsentrums en selfs in mense se huise nie losstaande is van navorsing nie, maar juis onderling afhanklik is.

’n Kernaspek van die DTTC se werk is die verspreiding van inligting terug na die navorsingsgemeenskappe, asook na ander relevante belanghebbendes, insluitend gesondheidsdienste.

Die grootste deel van die sentrum se befondsing kom uit navorsingstoekennings wat deur internasionale en nasionale befondsingsagentskappe verkry is.
 

Kontak ons
Phone: +27 21 938 9812 
Phone: +27 21 938 9719

Fisiese adres
Desmond Tutu TB Sentrum
Francie van Zijl-rylaan, Kliniese Gebou, K-vloer
Tygerbergkampus, Kaapstad, Suid-Afrika
 

Waar werk ons?

Die administratiewe kantore van die Desmond Tutu TB Sentrum (DTTC) is geleë in die Kliniese Gebou op die kampus van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW). Verskeie veldkantore is gevestig in gemeenskappe en townships in die Kaapstadse Metropolitaanse gebied en ander distrikte van die Wes-Kaap. Hierdie veldkantore is opgerig deur Stellenbosch Universiteit in samewerking met die betrokke Departemente/Direktorate van Gesondheid in daardie distrikte.

Daarbenewens het die DTTC ook werksplekke in ander provinsies van Suid-Afrika. Deur hul gemeenskapswerk help die DTTC om Stellenbosch Universiteit se "wetenskaplike voetspoor in gemeenskappe" agter te laat.

NAVORSINGSFOKUSAREAS

Ons navorsingsfokusareas sluit in:

  • Pediatriese Tuberkulose
  • Gesondheidstelsels
  • MIV-voorkoming
  • Kliniese proewe-eenheid