
US vorm multilaterale samewerkingsooreenkoms met universiteite in Brasilië, China en Vereningde Koningryk
Verteenwoordigers van vier universiteite op vier kontinente het onlangs by die Universiteit Stellenbosch (US) ontmoet. Hulle het 'n multilaterale samewerkingooreenkoms tussen die vier instellings bespreek. Dis was die eerste keer samekoms van verteenwoordigers van die Universiteit Stellenbosch, Universiteit Bath (Verenigde Koninkryk), Zhejiang Universiteit (China) en die Universiteit van Campinas (Brasilië) om wedersydse belange bespreek. Die vergadering is gelei deur prof Dame Glynis Breakwell, president en visekanselier van die Universiteit Bath, en is ook bygewoon deur Prof Eugene Cloete , viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies by US, prof Alvaro Penteado Crósta, vise-rektor van die Universiteit van Campinas en prof Yonghua Song, uitvoerende vise-president van Zhejiang Universiteit. Die besoekers het ook met Prof Wim de Villiers, rektor en visekanselier ontmoet
Die vier groot universitete, met hul gesamentlike alumni basis van meer as 'n miljoen, het ooreengekom om 'n innoverende doktorale program in sleutel dissiplines te ontwikkel. Die program sal studente in hierdie interkontinentale netwerk toegang gee tot verskeie mobiliteitsgeleenthede. Hulle het ook ooreengekom om navorsingsmobiliteit, doktorale somer / winter skole en gesamentlike grade te ondersteun en om 'n nuwe globale meestersgraad in bestuur te ontwikkel.
Die vorming van hierdie netwerk is die hoogtepunt van onderhandelinge deur kollegas by die vier universiteite het Prof Colin Grant, pro -visekanselier: Internasionalisering aan die Universiteit Bath, gesê. Volgens hom verteenwoordig dit 'n waterskeiding geleentheid in gedeelde internasionale strategieë.
Verteenwoordigers van die US, die Universiteit Bath, Zhejiang Universiteit en die Universiteit van Campinas.
Foto: Hennie Rudman