
US-raad se Kommissie begin met 'persgesig'-ondersoek
Die Raad van die Universiteit Stellenbosch het 'n Kommissie van Ondersoek aangestel om die wyse waarop die aangeleentheid en gebeure te Heemstede Koshuis, op of ongeveer 4 Februarie 2016 en daarna, hanteer is (die 'persgesig'-voorval), te ondersoek.
Advokaat Renata Williams SC is as kommissaris aangestel.
Die Kommissie van Ondersoek het op Woensdag, 16 Maart 2016, 'n aanvang neem.
Mnr George Steyn, Voorsitter van die Universiteitsraad, het 'n beroep op die media en die publiek gedoen om advokaat Williams SC die geleentheid te gee om haar ondersoek te finaliseer en 'n verslag saam te stel wat teen 30 Maart 2016 gelewer sal word. Sy sal nie tydens die ondersoek vir enige media-navrae en/of onderhoude beskikbaar wees nie.
Alle navrae kan aan die kantore van Cluver Markotter Ingelyf gerig word: [email protected] / [email protected].