
US maak aanstellings in sleutelposisies
Die Universiteit Stellenbosch (US) het vanjaar verskeie senior aanstellings gemaak. Benewens twee nuwe visierektore, is vier aanstellings ook in sleutelposisies gemaak.
Prof Hester Klopper is aangestel as Viserektor: Strategiese Inisiatiewe en Internasionalisering. Sy was 'n buitengewone professor verbonde aan die Noordwes-Universiteit en die Universiteit van Wes-Kaapland, waar sy die Dekaan van die Fakulteit Gemeenskap- en Gesondheidswetenskappe was.
Prof Nico Koopman, wat sy loopbaan in 2001 as Senior Lektor aan die US begin het en sedert 2010 Dekaan van die Fakulteit Teologie was, beklee nou die pos van Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel. Hy het sedert Junie 2015 in dié pos waargeneem.
Lees hier meer oor proff Klopper en Koopman se aanstellings.

Sy het 'n BA-graad in maatskaplike werk aan die Universiteit van Fort Hare verwerf, waarna sy haar op sielkunde toegespits en in 2000 haar doktorsgraad aan die Universiteit van Kaapstad verwerf het. Die mees onlangse pos wat sy beklee het, was senior navorsingsprofessor in trauma-, vergifnis- en versoeningstudie aan die Universiteit van die Vrystaat.
Nadat Gobodo-Madikizela lid was van die destydse Waarheids- en-Versoeningskommissie (WVK), het sy veral navorsing gedoen oor die elemente wat tot heling lei wanneer slagoffers en oortreders in gesprek tree ná massatrauma en -geweld. Terwyl sy daarna 'n genoot aan die Harvard-universiteit was, het sy die bekroonde boek A human being died that night: A South African story of forgiveness geskryf.

Mmope – wat Engels, isiZoeloe, Noord-Sotho en Afrikaans magtig is – bevind haar sedert 2000 in die hoëronderwys-omgewing en het jare lange uitvoerende bestuursondervinding.
Na 'n tydperk by Unisa was sy sedert 2008 in Potchefstroom aan die Noordwes-universiteit verbonde, aanvanklik as Uitvoerende Direkteur: Korporatiewe Sake en Verhoudinge en sedert 2012 as Uitvoerende Direkteur: Institusionele Bevordering.
In 2011 het sy die boek Engaging the workforce: The role of senior managers in internal communication and employee engagement gepubliseer.

Hy was sedert 2007 Uitvoerende Direkteur: Mensontwikkeling aan die Noordwes-universiteit. Onder sy verantwoordelikhede was diversiteitsbestuur, insluitend die ontwikkeling van programme vir indiensnemingsgelykheid.
Voordat hy hom in 2005 by die Noordwes-universiteit aangesluit het, was hy 12 jaar aan die personeelafdeling van die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (nou die Universiteit van Johannesburg) verbonde. Mothobi het sedert 1999 in arbeidsverhoudinge gespesialiseer.
Hy het 'n diploma in personeelpraktyk en 'n sertifikaat in arbeidsverhoudinge aan Unisa verwerf, 'n BA-graad in die geesteswetenskappe aan die RAU behaal, en in 2014 sy MBA aan die Noordwes-universiteit voltooi.

Sy was van 1999 tot 2007 by studenteberadingsdienste aan die Universiteit van Kaapstad betrokke. Sedert 2008 was sy Direkteur van die Sentrum vir Studentesteundienste aan die Universiteit van Wes-Kaapland, waar multidissiplinêre steun verskaf is.
Schreiber het 'n BA-graad met sielkunde en Duits as hoofvakke van die Rhodes-universiteit verwerf. Haar nagraadse opleiding het in 2012 gekulmineer in 'n doktorsgraad aan die Universiteit van Wes-Kaapland getiteld An investigation into the scope, role and function of student development and support in higher education in South Africa.
Schreiber was oor die jare by talle gemeenskapsontwikkelingsprojekte betrokke, het wyd gepubliseer en het talle referate op nasionale en internasionale konferensies gelewer.