
US-koor wen Varsity Sing-kompetisie
14 Oktober 2016
Die US-koor het Donderdagaand (13 Oktober) weggestap as algehele wenners van die Varsity Sing-kompetisie se eerste reeks. Hulle het die topprys gewen van R70 000, asook 'n verdere R50 000 ontvang nadat hulle die 'FNB Fan Favourite'-prys opgeraap het.
Liedere wat op die aand gesing is, het 'The Conversion of Saul, saamgestel deur Randall Stroope, 'Ava Maria' en 'Toe Vind Ek Jou' ingesluit.
UJ het tweede plek gewen, Tuks derde plek, terwyl NMMU vierde gekom het.
Foto: Varsity Sing-webtuiste
(Meer inligting volg binnekorts)