Skip to main content
Studie kyk na die rol van inheemse kennis in opvoeding

Studie kyk na die rol van inheemse kennis in opvoeding

Sue Segar
04 April 2019

Blootstelling aan die formele koloniale opvoedingsisteem het daartoe gelei dat kinders in 'n landelike inheemse gemeenskap in die Oos-Kaap gesosialiseer is op so 'n manier dat dit hulle van hulle inheemse en kulturele maniere van wees, lewe en doen vervreem het, is bevind in 'n doktorale studie van 'n vroeë-loopbaan navorser in die Departement van Globale Gesondheid. 

Volgens Lieketseng Ned se bevindings, het die konvensionele opvoedingsisteem swak gesondheid ten gevolg gehad, en het dit oor die algemeen maniere van leef ondermyn in die Xhora (ook bekend as Elliotdale) gemeenskap, wat naby Umtata in die Oos-Kaap is. 

Ned se doktoraat, met die titel 'Reconnecting with indigenous knowledge in education: exploring possibilities for health and well-being in Xhora, South Africa', suggereer dat daar 'n onlosmaaklike verband tussen opvoeding en gesondheid is, en sy bepleit die daarstelling van gesondheid en welsyn as 'n sentrale leerarea in die opvoedingsisteem se kurrikulum, wat op sy beurt sou lei tot beter uitkomste in beide gesondheid en algemene welsyn. 

Ned, as deel van haar navorsing, het gevallestudies van verhale met die AmaBonvane in landelike Xhora gefasiliteer, waartydens sy gemeenskapslede gevra het om hulle ondervindings oor die invloed van die opvoedingstelsel op hulle inheemse tradisies en kennis, asook hulle skakels met gesondheid en welsyn, te beskryf. Sy het ook ondersoek ingestel na wat die belanghebbendes in die gemeenskap geïdentifiseer het as inheemse kennis en maniere van onderrig en leer, en hoe hierdie kan bydra tot kurrikulumontwikkeling en implementering in die formele skoolsisteem. 

“Vir hierdie gemeenskap is gesondheid onlosmaaklik verbind met sterk verhoudings binne die kultuur en tradisies, asook met die vermoë om kos te produseer binne die gemeenskap. 

“In hierdie gemeenskap identifiseer die meeste mense hulleself as AmaBomvane en baie van hulle bly getrou aan die inheemse maniere van doen en leef," sê Ned. “Maar egter, as gevolg van kolonialisme en apartheid, het botsings wat met identiteit verband hou 'n negatiewe invloed gehad op hoe mense lewe en hoe hulle hulleself onderhou. 

Die opvoedingsisteem het die situasie vererger, deurdat dit kinders gesosialiseer het om hulle tradisies te negeer en gewilliglik mee te doen aan kulturele imperialisme deur middel van nabootsing en aanneming van gewoontes. 

“Wat die deelnemers sê is dat met kulturele en sielkundige verplasing, swak gesondheid 'n direkte gevolg is. Dit word duidelik gesien in gebroke verhoudings, families wat gedisintegreer het, 'n toename in alkoholisme en geweld, die verwaarlosing van sleutelrolle in die gemeenskap, swak leefstylpatrone en 'n onvermoë om kos te produseer en 'n huishouding te bestuur - alles faktore wat bydra tot die siektelas. 

Ned, 29, het grootgeword in Mount Fletcher in die Oos-Kaap, en het 'n BSc in Arbeidsterapie by UWK voltooi in 2009, en het toe as 'n arbeidsterapeut gewerk in Mount Frere, en later in Oos-Londen. Sy het toe haar MPhil in gestremdheidstudies in 2013 by die Universiteit van Kaapstad voltooi voordat sy in Oktober 2014 na die Universiteit van Stellenbosch geskuif het. 

Ned is 'n vroeë-loopbaan navorser in die Fakulteit (onder die mentorskap van Prof Leslie Swartz) en die jongste dosent by die Sentrum vir Rehabilitasiestudies. 

Sy het in 2016 met haar PhD begin, en het dit in Oktober verlede jaar voltooi. Kortliks doen haar tesis aan die hand dat daar 'n onlosmaaklike verband is tussen opvoeding, gesondheid en welsyn, en sy beywer haar dus daarvoor dat gesondheid en welsyn deel van die kern leerareas in die kurrikulum van die onderwysstelsel moet uitmaak. Sy stel ook voor dat  kolonialiteit en koloniale opvoeding erken moet word as breë sosiale determinante van swak gesondheid. 

“Dit beteken dat mense moet besef dat swak gesondheid en welsyn lei tot swak opvoedingsuitkomste en ongelykhede, terwyl swak opvoeding weer lei tot ongelykhede wat 'n invloed het op hoë-risiko gedrag met betrekking tot gesondheid," sê Ned in haar tesis. 

“Wanneer leerders nie gesond is nie, kan hulle nie leer nie, en as hulle nie kan leer nie, is hulle kanse laer om goed te vaar in die lewe, twee faktore wat albei later lei tot swak gesondheid. Om mense se lewens te verbeter behoort 'n belangrike deel van die doelstelling van opvoeding te wees, aangesien goeie gesondheid en welsyn twee sentrale dinge is wat leer moontlik maak; dus is dit net so belangrik as ander sleutelareas in die opvoedingskurrikula." 

Ned beplan om haar bevindinge te gebruik om te skakel met die opvoedingsektor en om openbare gesondheid te beïnvloed. 

“Ek stel belang in 'n gesprek waar opvoeding en gesondheid as ineengeskakel gesien word. My belang lê daarin om 'n inheemse-dekoloniale raamwerk daar te stel vir die rekonstruksie van die kurrikulum wat te make het met gesondheid en welsyn." 

Ned werk tans aan haar post-doktorale aktiwiteite, wat internasionale samewerking (as deel van 'n personeel uitruilprogram) insluit met Prof Hisayo Katsui, Mede-Professor in gestremdheidstudies by die Universiteit van Helsinki.