Skip to main content
Steinhoff Maties Krieket soek nasionale klubtitel

Steinhoff Maties Krieket soek nasionale klubtitel

Maties Krieket / Maties Cricket
25 April 2016

​Steinhoff Maties Krieket-legendes soos Dewald Botha en Emile Kriek sal die Universiteit Stellenbosch baie graag met die 2016 Nasionale Klubkampioenskaptitel wil verlaat.

Die Nasionale Klubkampioenskap het Vrydag (22 April) begin en die finaal sal op Woensdag (27 April) gespeel word. Dié toernooi sal die laaste een vir 'n paar van die waardevolle spelers in die klub wees.

Die span se afrigter, Andrew Wylie, het gesê die fokus oor die volgende 18 maande sal wees om die klub te herbou aangesien so baie senior en ervare spelers die klub aan die einde van die seisoen verlaat.

Hy het Maties Sport bedank vir die ondersteuning wat die klub van hulle af ontvang.

Die Crusaders van Natal is die huidige klubkampioene. Hulle het Maties verlede jaar in die finaal geklop. Kyle Symmonds, wat verlede jaar vir die Crusaders gespeel het, is een van die sleutelspelers in die Maties se span vanjaar.​

Ilhaam Groenewald, Hoofdirekteur van Maties Sport, het die afrigter en span alles van die beste toegewens.

"Aan die senior spelers wat Maties vir die laaste keer sal verteenwoordig: Jul bydrae sal nie vergeet word nie. Moenie te ver weggaan nie en oorweeg dit om 'n doktorsgraad te doen. Veral dié van julle wat reeds jul meestersgrade verwerf het!"

Program vir die nasionale klubkampioenskap: VRYDAG – Maties v Union Stars (Maties verloor​​); SATERDAG – Maties v CUT (Maties wen); SONDAG – Maties v Pukke (Maties verloor); MAANDAG – Maties v Cape Town CC; DINSDAG – Maties v Crusaders.