
SOL Blog
17 Februarie 2020
Dit is met genoeë dat die Sentrum vir Onderrig en Leer ’n reeks webjoernale oor die tema “(Jou) onderrig maak saak @ US’’ bekendstel. Ons doelwit met hierdie joernale is om by te dra tot die bevordering van outentieke, gekontekstualiseerde onderrig en leer in hoër onderwys vanuit ons posisie as denkleiers in hierdie veld. Ons hoop om algemeen aanvaarde denkwyses te bevraagteken deur middel van akademiese begronding en die deel van alternatiewe denke en praktyke. Ons vra dus indringende vrae om debat oor onderrig en leer aan te moedig. Ons nooi die US gemeenskap asook die nasionale en internasionale hoëronderwysgemeenskappe om saam te gesels. Klik hier om te lees waarom (Jou) onderrig saak maak