Skip to main content
SLT – Akademiese Ontwikkeling en Navorsing

SLT – Akademiese Ontwikkeling en Navorsing

Elzette le Roux
15 Februarie 2022

Die Sentrum vir Leertegnologieë (SLT) ontwikkel, bevorder en ondersteun die gebruik van leertegnologieë vir leer, onderrig en assessering aan die US. Afgesien van die ondersteuning wat deur die gemengde leer koördineerders (GLK's) aan fakulteite, dosente en ander tersaaklike rolspelers gebied word, bied die Akademiese Ontwikkeling en Navorsing (AON) fokusarea van die SLT ook konsultasies, professionele onderrig geleenthede en hulpbronne wat met 'n pedagogies belynde gebruik van leertegnologieë in leer- en onderrigpraktyke geassosieer kan word.

Aanvullend daartoe, bevorder die SLT ʼn benadering van bewysgebaseerde akademieskap ten aansien van die integrasie van leertegnologieë in leer- en onderrigpraktyke. US-gebaseerde akademiese navorsing wat met leertegnologie-verwante onderwerpe verbind kan word, word op die AON bladsy van die SLT webblad geplaas en gereeld opdateer.

Professionele onderrig

Op die AON bladsy van die SLT webblad kan toegang tot die Professionele Onderrig Geleenthede verkry word. Dit sluit verskeie webinare, verskillende kursusse en variasies van SUNLearn bladsye, toeganklik tot US personeel, in. Daar word ook deur die SLT beoog om twee kortkursusse hierdie jaar aan te bied, naamlik die Inleiding tot Gemengde Onderrig-en-Leer en die Gevorderde Gemengde Onderrig-en-Leer kortkursusse. Meer inligting hieroor sal deur die jaar kommunikeer word.

Hulpbronne

Die verskeidenheid van hulpbronne kan op die Hulpbronne gedeelte van die AON bladsy verkry word. Hulpbronne is in drie kategorieë verdeel, naamlik SLT Ooptoegang Hulpbronne, ELS Projek Hulpbronne en US Hulpbronne. Hierdie hulpbronne bied ondersteuning aan eksterne, sowel as interne US gemeenskappe en belanghebbendes. Besoekers aan die SLT webblad kan op die relevante hulpbronskakels klik of een van die adviseurs kontak vir meer inligting.

Navorsing

Die AON bladsy huisves skakels na gepubliseerde en/of ander navorsing op die Navorsing gedeelte van die bladsy. Die navorsing is in verskillende onderwerpe gekategoriseer, naamlik akademiese ontwikkeling, gemengde leer, digitale pedagogie, leertegnologie hulpmiddele, sosiale geregtigheid. Hierdie lys is egter nie volledig nie en hoop ons om deurgaans die onderwerpe en navorsing uit te brei.

Akademiese personeel en/of personeel van die Professionele, Administratiewe en Ondersteuningsdienste (PASS) omgewings wat akademiese navorsing verwant aan enige komponente van leertegnologieë gepubliseer het, word uitgenooi om Elzette le Roux ([email protected]) te kontak sodat hierdie insette tot die lys van Navorsing op die webblad gevoeg kan word.

Kontak gerus die gemengde leer koördineerder (GLK/BLC) in die fakulteit vir enige individuele konsultasies met akademiese personeel wat met gemengde leer of navorsingsprojekte verbandhou. Een van die SLT adviseurs kan ook gekontak word vir 'n afspraak en/of konsultasie.