Simposium oor Sosiale Impak
Datum: 15 April 2016
Plek: STIAS, Stellenbosch
Tema: Voorwaarts – van interaksie na impak
Doel: Die doel is om 'n platform vir oop oorlegpleging oor die konseptualisasie, institusionele posisionering en implementering van sosiale impak as 'n strategiese prioriteit van die Universiteit Stellenbosch te skep.
Uitkomste:
- Om te besin oor wat met gemeenskapsinteraksie vermag is wat nou sosiale impak kan rig
- Om sosiale impak as 'n konsep en ontluikende praktyk te verken
- Om gesprekke tussen alle interne belanghebbendes by sosiale impak aan te moedig
- Om gesprekke deur 'n World Café-proses te dokumenteer
- Om 'n sosiale en netwerkgeleentheid vir akademiese personeel, ondersteuningspersoneel en studente te skep
- Om riglyne te bied vir die werk van die Taakgroep: Sosiale Impak om 'n beleid en plan oor sosiale impak op te stel
Program:
08:30-08:50 Verwelkoming en boodskap van die Rektor se Bestuurspan – Prof Wim de Villiers (Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch)
09:00-09:15 'n Dekade van gemeenskapsinteraksie by die Universiteit Stellenbosch: 2004 tot 2014 – Dr Jerome Slamat (Uitvoerende Bestuurder: Rektoraat)
09:15-09:30 Die 'hoekom' en 'hoe' van sosiale impak – Prof Nico Koopman (Waarnemende Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel)
09:30 -09:45 Die konseptualisasie en implementering van sosiale impak: Die konsepbeleid – Dr Antoinette Smith-Tolken (Waarnemende Senior Direkteur: Sosiale Impak)
09:45–15:30 Aanbiedings deur die tien fakulteite oor hoe hulle sosiale impak verstaan. Gesprekke vind in World Café-styl sowel as in volle sittings plaas.
Uitset: Veranderinge aan of byvoegings by die konsepbeleid oor sosiale impak op grond van bydraes deur fakulteite en deelnemers