Skip to main content
SENIOR NAVORSER EN KURATOR VAN US MUSEUM VEREER

SENIOR NAVORSER EN KURATOR VAN US MUSEUM VEREER

University Museum
04 April 2019

​Sy het in Oktober 2018 ʼn eretoekenning van die e'Bosch Erfenisprojek van Stellenbosch ontvang, en op 15 Februarie 2019 het haar Alma Mater, Hoërskool Outeniqua op George, haar op dieselfde wyse vereer. Die toekennings is albei ter erkenning van haar uitnemende bydrae tot die bevordering en bewaring van Suid-Afrikaanse kultuur en erfenis, en haar leidende rol in talle kultuur- en bewaringsorganisasies en op provinsiale en nasionale statutêre rade.

Prof Matilda Burden is senior navorser en kurator van kultuurgeskiedenis by die US Museum. Benewens die hantering van uitstallings en navorsing by die US Museum, is sy die aanbieder van kort kursusse vir museumpersoneel, munisipale amptenare, lede van bewaringsorganisasies en die gewone publiek. Onderwerpe sluit onder meer erfenisbewaring, museumkunde en argitektuurstyle in. Die US Museum is trouens die enigste museum in Suid-Afrika wat op hierdie wyse opleiding in museumkunde verskaf. Prof Burden is ook ʼn gewilde spreker wat dwarsoor Suid-Afrika gevra word om lesings en praatjies aan te bied. 

Die bydraes waarvoor die toekennings gemaak is, sluit ook in diens aan verenigings en rade, onder meer as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kultuurgeskiedenis, voorsitter van die Wes-Kaapse Komitee vir Geografiese Name, visepresident van die International Folksong Society, die Wes-Kaapse Kultuurkommissie, die Raad van Erfenis Wes-Kaap en die Nasionale Raad vir Geografiese name.

Die eretoekenning van e'Bosch is op 31 Oktober 2018 by geleentheid van die opening van die uitstalling “ʼn Honderd artefakte vir ʼn honderd jaar", wat deur haar nagevors en ingerig is, oorhandig. Die toekenning van Hoërskool Outeniqua is op 15 Maart 2019 by ʼn spesiale plegtigheid by die skool, wat met ʼn boomplantseremonie afgesluit is, aan haar toegeken. Prof Burden het ook voorheen drie ander eretoekennings ontvang.​