Skip to main content

Science Café: Hoe hou selle jou liggaam in stand?

Media & Communication, Faculty of Science
23 Februarie 2016

​Vir hierdie Science Café Stellenbosch op Woensdag 9 Maart 2016 neem prof. Jannie Hofmeyr ons op reis na die fassinerede wêreld van die sel en hoe selle ons liggame bou en in stand hou.

Ons selle funksioneer soos outomatiese selfvervaardigende fabrieke. Wanneer ons verstaan hoe hierdie prosesse plaasvind, kan dit van ons vrae oor die oorsprong van lewe én dood beantwoord.

Prof. Hofmeyr is 'n uitgelese professor in biokompleksiteit en biochemie aan die US. Die gesprek word gelei deur die bekende omgewingskundige, Dave Pepler.

Science Café Stellenbosch is 'n inisiatief van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Natuurwetenskappe om openbare bespreking van die natuurwetenskappe aan te moedig. Die gesprekke is gratis en begin om 18:30 by die Plataankafee agter die Sasol Kunsmuseum. Vir meer inligting, kontak [email protected] of volg ons op Facebook by https://www.facebook.com/ScienceCafeStellenbosch

Beeld: © 2016 www.artofthecell.com