Skip to main content
Reserwebankbaas praat oor inflasiebeheer

Reserwebankbaas praat oor inflasiebeheer

Daniel Bugan
13 September 2021

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het die afgelope 21 jaar grotendeels sy verbintenis om inflasie te beheer, nagekom.

Dit was onlangs​ die boodskap van die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, dr Lesetja Kganyago, gedurende sy intreerede as ereprofessor in die Departement Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch.