
Rehabilitasie van bestuursgedrag ondersoek
Die konsep van rehabilitasie in bestuursgedrag en die meegaande uitdagings is onder die soeklig geplaas tydens die eerste Suid-Afrikaanse Bestuur-colloquium, wat vroeër vanjaar deur die Universiteit Stellenbosch (US) se USeBenzA Assesseringsentrum aangebied is. Navorsers, arbeidsterapie-praktisyns, openbare gesondheidsbeamptes en beleidsbepalers het tydens dié geleentheid kennis oor die rehabilitasie in bestuursgedrag binne ʼn Suid-Afrikaanse verband gedeel.
Sprekers het op ontwikkelings gefokus wat kan lei tot nuwe moontlikhede en samewerking ter ondersteuning van die Verenigde Nasies se Dekade van Aksie vir Padveiligheid 2010 – 2020, wat in Maart 2010 amptelik van stapel gestuur is.
"Inligting oor beste praktyke en beste bewyse is bestudeer binne Suid-Afrika se wetgewende en kulturele agtergrond," het prof Lana van Niekerk, Hoof van die Afdeling Arbeidsterapie aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe van die US, gesê.
Die colloquium is aangebied as deel van ʼn navorsingsprojek wat deur die Canada Africa Research Exchange Grant (CAREG 2014 tot 2016) befonds is. Prof Sherrilene Classen, die Direkteur van die Skool vir Arbeidsterapie van die Western University in Kanada en ʼn buitengewone professor aan die US, is die hoofnavorser, met Van Niekerk as mede-navorser van die studie.
Foto: Prof Lana van Niekerk, heel regs op die foto, saam met ander gaste by die eerste Suid-Afrikaanse Bestuur-colloquium, wat vroeër vanjaar deur die Universiteit Stellenbosch se USeBenzA Assesseringsentrum aangebied is.