
Personeel uitgenooi om deel te neem aan Jaarlikse Sportdag
US-personeellede word uitgenooi om aan die 4de Sportdag vir Personeel deel te neem.
Datum: 24 November 2016
Plek: Coetzenburg-sportterrein
Tyd: (12h30 vir) 13h00 – 17h00
Alle Fakulteite en Steundiensomgewings word aangemoedig om spanne vir die volgende sportkodes en aktiwiteite in te skryf: Pretstap, "mini" sokker, netbal ("fast 5"), toutrek, skaak, dominoes, vlugbal en rugby.
NEEM ASSEBLIEF KENNIS VAN DIE VOLGENDE VEREISTES:
Elke span benodig ʼn spankaptein;
Elke span moet ʼn inskrywingsvorm vir die sportkode/aktiwiteit invul;
Elke spankaptein word versoek om ʼn spankaptein-vergadering by te woon (datum sal deurgegee word). Die reëls vir die verskillende sportkodes en aktiwiteite sal by hierdie vergadering bespreek word.
Die onmiddellike prioriteit is om die spanne se inskrywings in te stuur sodat die reëlingskomitee kan voortgaan met die logistiek van die byeenkoms. Die aantal inskrywings per aktiwiteit is beperk; dus moet u gou maak om u span/ne in te skryf!
Die spaninskrywings kan gestuur word aan Adele Josias by [email protected]
Vir enige navrae kontak asseblief vir:
Maureen Kennedy by [email protected] of Adele Josias by [email protected], of 021 808 4824 / 2867.