Skip to main content
Parkeeraansoeke 2017

Parkeeraansoeke 2017

Korporatiewe Kommunikasie / Corporate Communication
07 Desember 2016

Personeellede kan vanaf 1 Desember 2016 tot 31 Januarie 2017 aansoek doen om toegang tot universiteitsparkering in 2017. Dit is van toepassing op personeellede van die Stellenbosch-, Tygerberg- en Bellvilleparkkampusse aan wie tans parkering toegeken is, sowel as nuwe aansoekers. Ad hoc-personeel wat nie netwerktoegang het nie, asook nie-US personeel op Tygerberg kan aansoek doen via die vorm wat beskikbaar is op die webblad waarna hieronder verwys word. (Die vorms is onderskeidelik by punte 1.2 en 1.4 op die webblad.)

Ten einde so min as moontlik verwarring te skep aan die begin van die jaar, bly huidige parkeertoekennings in werking tot einde Februarie 2017. Alle aansoeke sal gedurende Februarie geëvalueer word sodat die toekennings vir 2017 op 1 Maart in werking kan tree.

Die basiese aansoekprosedure is dieselfde as in 2015/2016. Indien u elektroniese aansoek suksesvol ingedien is, sal u per e-pos daarvan in kennis gestel word. Indien u nie so 'n e-pos ontvang nie, is die aansoek nie suksesvol ingedien nie en moet die proses herhaal word.

Die webblad is beskikbaar vanaf 1 Desember 2016. Volg een van die volgende roetes om dit te bereik:

1.      Op die US se tuisblad (www.sun.ac.za/afrikaans) > Kliek op  Personeel > Hulpbronne en beweeg af op die bladsy tot by 2017 Parkeeraansoeke. Staan op Parkering (onder die foto) en kliek dan op Aansoeke & Wysigings > Vir personeel.

2.      Via die US se tuisblad (www.sun.ac.za/afrikaans) > Meer oor… > Volhoubaarheid: Kliek op die skakel na Vervoer, waarna subskakels onder die foto verskyn. Staan op Parkering en kliek dan op Aansoeke & Wysigings > Vir personeel.

Indien u nie beoog om aansoek te doen om parkering in 2017 nie, stuur asb. 'n e-pos aan die parkeerkoördineerder sodat u naam van die lys verwyder kan word.

Navrae:

US Kliëntedienssentrum,

021 808 9111 or [email protected]