Skip to main content
Oorrolproses van modules op SUNLearn vir 2018

Oorrolproses van modules op SUNLearn vir 2018

Lianne Keiller
07 November 2017

Beste kollega,

Dit is weereens daardie tyd van die jaar wanneer ons begin gereed maak vir die oordra van alle geregistreerde kursusse/modules op die SUNLearn stelsel vir 2018.  Ons benodig dus weereens u terugvoer rakende wat met u module(s) moet gebeur in 2018. Alle geregistreerde modules sal weer op SUNLearn geskep word of dit gebruik gaan word of nie. 

Om die oorrolproses af te skop het ons weereens 'n aanlynvorm geskep waarop u asseblief vir ons moet aandui of die inhoud van u bestaande module(s) oorgedra moet word na die leë 2018 module(s) asook watter dosente daarvoor gelaai moet word. 

Voltooi dus asb. die vorm deur op hierdie skakel te klik: SUNLearn oorrol: 2017-2018

Vir enige navrae en spesiale versoeke rakende die oorrolproses stuur asseblief 'n epos na [email protected]

Beste wense,

Die SUNLearnspan​​